In reaksie op die ANC se pas afgelope beleidskonferensie in Midrand, is die FW de Klerkstigting besig om sy eie konferensie in Johannesburg op 25 Julie te organiseer waar FW de Klerk, Helen Zille en Kallie Kriel van Afriforum as sprekers sal optree. Volgens die omsendbrief van die FW de Klerkstigting, wat ‘n hele paar
Oz kondig swaar koolstofbelasting aan
Australië, een van die wêreld se ergste besoedelaars per kapita, het Sondag ‘n omstrede koolstofbelasting aangekondig in ‘n poging om klimaatsverandering te bekamp. Premier Julia Gillard het die stap verwelkom te midde van waarskuwings deur die opposisie. Duisende betogers het die strate van Sydney Sondag ingevaar om te betoog teen die korporatiewe koolstofbelasting wat sal
San skouer ANC uit Kruiper-begrafnis
Die tradisionele Khoisan-leier, Oom Dawid Kruiper, is Saterdag tydens ‘n staatsbegrafnis in Andriesvale in die Kalahari begrawe. Die voorsitter van die Boesman-raad, Andries Steenkamp, het die staatsbegrafnis gekritiseer. “Hierdie is nie die tipe begrafnis wat Oom Dawid sou wou gehad het nie… hy sou verkies het dat die geld op sy veldskool spandeer geword het.”
Mynbou hou oog op aanloop tot Mangaung
Belanghebbendes in mynbou sal voortgaan om samesprekings te voer in aanloop tot die ANC se nasionale konferensie in Mangaung in Desember, volgens ‘n verklaring Sondag. Die Kamer van Mynwese, wat die bedryf verteenwoordig, het gesê hulle het die party se beleidskonferensie, wat Vrydag tot ‘n einde gekom het, met volle aandag gevolg. “Ons verstaan en
Malema-mededinger in sluipmoord geskiet
Die ANC se hoofsweep in die Ugu-streeksmunisipaliteit is in ‘n sluipmoord in Manaba, Margate, doodgeskiet, het die polisie in KwaZulu-Natal Sondag gesê. “Raadslid [Wandile] Mkhiza en ‘n vriend het Saterdag omstreeks 22:00 langs ‘n pad gestap toe hulle deur onbekende mans wat in ‘n Toyota Corolla was, geskiet is,” het kol. Vincent Mdunge, ‘n woordvoerder
Obamacare-bevinding kan op Obama boemerang
Barack Obama en sy Withuis-amptenare het verlede week gejubel toe die Amerikaanse Opperste Hof sy wetgewing oor ‘n nasionale gesondheidstelsel bekend as Obamacare as geldig en grondwetlik bevind het, maar die ink was nog nie droog op die hofbevinding nie, toe begin vrae ontstaan of dit wel Obama gaan bevoordeel en of dit nie dalk
Flip Buys blaas sy eie beuel in Rapport
Ek verneem graag van Rapport se redaksie die volgende: Flip Buys se rubriek vandag is niks anders as ‘n advertensie vir Solidariteit nie. Dit vertel hoe wonderlik die vakbond is en hoe hulle almal help. Na aanleiding van die rubriek is dit logies om te aanvaar dat mense sal voel hulle wil die vakbond steun.
Ope brief aan Simon Kuper van die Financial Times
Geagte mnr. Kuper, In u gevleuelde woorde in The lost tribe of the Rainbow Nation, is Afrikaans “aan’t uitsterf… “, synde “van weinig nut deesdae”. Maar Afrikaans het nog geenoeg skop in haar om met die magtige Financial Times, “die sakekoerant van Europa” soos u leuse lui, se joernaliste te kommunikeer. Aangesien u Nederlands magtig
Lees verder: Ope brief aan Simon Kuper van die Financial Times
Droogte
Hoë pilare stof loop oor die bruin vloer van die aarde. Die wortels van die verskroeide gras wag op reën; dorstig vir die groen liefde strek die ontsaglike dorre vlakte eindeloos uit na die horison. Een reguit liniaal-getrekte spoorweglyn pyl van onder die middagson-gloed na waar ‘n nag fluwelig koel met sterre sal wees. Die
Primate verskeur Amerikaanse student in primatologie
‘n Amerikaanse student is steeds in ‘n kritieke toestand in ‘n Suid-Afrikaanse hospitaal nadat hy deur sjimpansees aangeval is. Die erg verskeurde student, Andrew Oberle, is deur paramedici en gewapende wagte by die Jane Goodall Instituut se Chimp Eden naby Nelspruit gered. Lloyd Krause, woordvoerder vir ER24 sê: “Hy het ‘n oor verloor, ‘n aantal
Lees verder: Primate verskeur Amerikaanse student in primatologie
