Australië, een van die wêreld se ergste besoedelaars per kapita, het Sondag ‘n omstrede koolstofbelasting aangekondig in ‘n poging om klimaatsverandering te bekamp.
Premier Julia Gillard het die stap verwelkom te midde van waarskuwings deur die opposisie.
Duisende betogers het die strate van Sydney Sondag ingevaar om te betoog teen die korporatiewe koolstofbelasting wat sal beteken sowat 350 entiteite sal ongeveer R200 moet betaal vir elke ton koolstof wat vrygestel word.
Gillard het die belasting in Australië verdedig.
“As ‘n arbeidsregering het ons dit nie alles vir geen rede gedoen nie, ons doen dit want ons glo dit speel ‘n sleutelrol in Australië se toekoms,” het sy aan die Australiese uitsaai-korporasie gesê.
“Vandag is Sondag, waar Australiërs sal voortgaan met hul alledaagse lewens, maar vandag is ook ‘n dag waar ons die toekoms aangryp; ons gryp ‘n toekoms van skoon energie aan.”
