Vandag hang die land se vlae by wyse van spreke halfstok. Protesaksies teen misdaad, wat deur Solidariteit gereël word, word landswyd gehou. Min sake het die aandag op die land se misdaadvlakke gefokus soos toe die presidensie vroeër vanjaar geweier het om kruiwavragte vol protesmemorandums teen misdaad in ontvangs te neem. Dié blaps is later
Protestante, Katolieke, Islam 2010
купить махровый халат для мальчикалобановский александр харьков
Dene en Nederlanders deur Al Kaida geteiken by WB
‘n Vermeende Al Kaida-ondersteuner wat in Irak aangehou word, het Dinsdag gesê dat hy met familie en vriende gepraat het om Deense en Nederlandse spanne wat volgende maand aan die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika deelneem aan te val om beledigings teen die Profeet Mohammed te wreek. Irakse veiligheidsmagte wat die Saoedi-burger aanhou, bekend as Azam Abdullah
Lees verder: Dene en Nederlanders deur Al Kaida geteiken by WB
Marzanne se oppasser gaan Krugergesin hof toe neem
Die oppasser van baba Marzanne Kruger gaan die Kommissie vir Konsiliasie, Mediasie en Arbitrasie (KVBA) nader, nadat sy deur haar werkgewer afgedank is, het The Star Woensdag berig. Franscina Sekhu is deur die Kruger-gesin afgedank. Daar word verwag dat dokumentasie van ‘n klag wat by die die KVBA aanhangig gemaak is, Woensdag op hulle bestel
Lees verder: Marzanne se oppasser gaan Krugergesin hof toe neem
Staking by Transnet dalk verby
Die vakbond, United Transport and Allied Trade Union (Utatu) en Transnet het ’n loonooreenkoms bereik. Indien die aanbod deur vakbondlede goedgekeur word, sal die staking wat spoorweë- en haweverkeer vir die afgelope week lam gelaat het, beëindig word het ’n amptenaar Woensdagoggend gesê. “Ons het reg deur die nag gesit en onderhandel. Daar is ‘n
‘Noag se ark’ uit Zim oppad na Noord-Korea
Die Britse natuurbewaringsgroep Born Free het hulle stem gevoeg by die besware teen ‘n plan van Zimbabwe om ‘n “Noag se Ark” van wilde diere, waaronder twee jong olifante, na Noord-Korea te stuur. Nuusberigte verlede week het aangedui dat twee van elke diersoort in Zimbabwe se 14 600 vierkante kilometer Hwange Nasionale Park, as ‘n
Jeugliga skarrel om Noordwestak te hou
Die ANC se Jeugliga het hulle Noordwes uitvoerende komitee ontbind, omdat daar ‘n behoefte bestaan om “organisatoriese vernuwing in die provinsie te versterk en te bou “, het die liga Dinsdag verklaar. Die Noordweskomitee se ampstermyn het verstryk het en hulle het versuim het om ‘n provinsiale konferensie te hou, het woordvoerder Floyd Shivambu gesê
Mans wat in die huis help, skei nie
In gesinne waar mans help met huishoudelik take, soos inkopies, kindersorg en huisskoonmaak, is die egskeidingsyfer laer. Die London School of Economics (LSE) het ‘n studie gedoen waaraan 3 500 Britse gesinne deelgeneem het. Die studie, “Men’s Unpaid Work and Divorce”, het bevind hoe meer mans met huishoudelike take help, hoe laer is die egskeidingsyfer.
Noodlyn werk, skerm polisie
Die polisie in KwaZulu-Natal het Dinsdag ontken dat die sentrale polisiestasie se noodlyn vir sowat 36 ure nie gewerk het nie nadat die beheerkamer oorspoel het. Volgens lt. kol. Vincent Mdunge, polisiewoordvoerder, het ‘n watertenk op die 16de vloer gebars, maar het dit nie die noodlyn geaffekteer nie. “Lede wat in die beheerkamer gewerk het
Zuma stort byna ‘n traan tydens plakkersbesoek
Pres. Jacob Zuma het byna in trane uitgebars toe hy Maandag die lewensomstandighede van ‘n gesin in Orange Farm sien. “Ek was byna in trane toe ek dit sien. Niemand kan so lewe nie,” het Zuma gesê ná afloop van ‘n besoek aan ‘n plakkershut. Zuma het Maandag ‘n onverwagse besoek afgelê aan die Sweetwaters-plakkerskamp
