In gesinne waar mans help met huishoudelik take, soos inkopies, kindersorg en huisskoonmaak, is die egskeidingsyfer laer. Die London School of Economics (LSE) het ‘n studie gedoen waaraan 3 500 Britse gesinne deelgeneem het.
Die studie, “Men’s Unpaid Work and Divorce”, het bevind hoe meer mans met huishoudelike take help, hoe laer is die egskeidingsyfer.
Tot baie onlangs is dit algemeen aanvaar dat die vrou vir die huis sorg en die man geld verdien.
Sulke gesinne is as voorbeeldig en stabiel gesien.
“Gesinne met die minste risiko vir egskeiding, is gesinne met mans wat soveel as moontlik help met huishoudelike take en vrouens wat nie werk nie,” het Wendy Sigle-Rushton, een van die navorsers gesê.
Die studie het ook getoon dat alhoewel families met werkende ma’s ‘n groter risiko tot egskeiding het, die risiko aansienlik verminder as die pa sy kant by die huis bring.
