‘Noag se ark’ uit Zim oppad na Noord-Korea

Die Britse natuurbewaringsgroep Born Free het hulle stem gevoeg by die besware teen ‘n plan van Zimbabwe om ‘n “Noag se Ark” van wilde diere, waaronder twee jong olifante, na Noord-Korea te stuur. 

Nuusberigte verlede week het aangedui dat twee van elke diersoort in Zimbabwe se 14 600 vierkante kilometer Hwange Nasionale Park, as ‘n geskenk van president Robert Mugabe aan sy Noord-Koreaanse eweknie, Kim Jong Il, gegee sal word.

“Ons kan geen bewaringsvoordeel in hierdie planne sien nie, en is bekommerd oor die groot bedreiging vir die welsyn van die individuele diere wat betrokke is,” het Born Free in ‘n verklaring op sy webwerf gesê.

Die groep het gesê die 18-maand-oue olifante sal waarskynlik die reis van duisende myle en daarna wanneer hulle in Noord-Korea aanland, baie moeilik deurmaak.

“Baba olifante bly gewoonlik by hul moeders soog vir 4 jaar, dus kan die verwydering op dié jong ouderdom ‘n ernstige fisiese impak in terme van voeding, immuniteit en ander ontwikkelingskwessies hê. Dit sal ook ‘n groot impak op die emosionele en sosiale ontwikkeling van die jong diere hê,” het die groep se verklaring gesê. 

Ander diere sluit in swart en wit renosters, jagluiperds, leeus, luiperds, kameelperde en sebras, volgens nuusberigte. 

Johnny Rodrigues, hoof van die Zimbabwe Conservation Taskforce, het gesê spanne van wildvangers werk sonder ophou in die Hwange Park om Mugabe se wens te vervul, volgens ‘n berig in ‘n Zimbabwiese koerant. Hy sê sy groep het probeer om dmv internasionale invloed die oordrag te stuit.

Noord-Korea se wildtuine voldoen nie aan internasionale standaarde nie, het hy gesê.

компрессор для воздухатопкарго

Maak 'n opvolg-bydrae