Zuma stort byna ‘n traan tydens plakkersbesoek

Pres. Jacob Zuma het byna in trane uitgebars toe hy Maandag die lewensomstandighede van ‘n gesin in Orange Farm sien.

“Ek was byna in trane toe ek dit sien. Niemand kan so lewe nie,” het Zuma gesê ná afloop van ‘n besoek aan ‘n plakkershut.

Zuma het Maandag ‘n onverwagse besoek afgelê aan die Sweetwaters-plakkerskamp in Johannesburg.

Hy het ook besoek afgelê by Madelakufa in Tembisa. Zuma was glo baie ontsteld oor die inwoners se lewensomstandighede en het die plaaslike munisipaliteit gewaarsku om dié probleme aan te spreek.

Daar is tans sowat 2 miljoen huise wat nog gebou moet word en sowat 2 700 plakkersgemeenskappe in Suid-Afrika.

Volgens Zuma sal ordentlike behuising mense se waardigheid verhoog en ‘n meer stabiele gemeenskap skep.

“Apartheidswetgewing het swartmense buitelanders gemaak in stedelike areas en hulle gedwing om in spesifieke plekke tydelike huise te bou. Daar was nooit enige planne om hulle van water, elektrisiteit of paaie te voorsien nie,” het hy gesê.

Die regering sal nou klem plaas op die verbetering van Suid-Afrikaners se lewensomstandighede.

светлобановский александр биография

Maak 'n opvolg-bydrae