VF+ lê klag oor Sanral

Die Vryheidsfront Plus gaan ‘n klag by die Verbuikerskommissie teen SANRAL lê vir die onregverdige hoë bedrag wat gehef gaan word van padverbuikers wat nie geregistreer is vir die e-skyfie nie. SANRAL het verlede week bekend gemaak dat nie-skyfie gebruikers ‘n bedrag van R1,75/km sal moet betaal in teenstelling met die R0,30/km vir e-skyfie gebruikers.

Lees verder: VF+ lê klag oor Sanral

Frankryk se nuwe linkse ster skitter

Hy is Frankryk se eie Julius Malema, wat joernaliste haat en dikwels skel en vloek. Die enigste verskil is dat daar geen dissiplinêre stappe teen die nuwe anti-NAVO ster in die opkomende Franse verkiesing gaan wees nie. ‘n BBC-joernalis moes al insgelyks deurloop onder sy skerp tong. Hugh Schofield is ‘n “connard de journaliste” genoem

Lees verder: Frankryk se nuwe linkse ster skitter

BBP-aanvalswapens verdwyn

Die lugmag het ‘n kommissie van ondersoek ingestel nadat vier R5-aanvalsgewere gesteel is uit ‘n kluis by die Waterkloof-lugmagbasis. Die gewere behoort tot die BBP-beskermingseenheid wat getaak is met die beskerming van President Jacob Zuma se amptelike vliegtuig op die basis. Tien beskermingseenheidwagte is die primêre verdagtes in die saak, volgens Beeld. Die diefstal is

Lees verder: BBP-aanvalswapens verdwyn

Zuma trou glo nie op belastingbetalers se onkoste nie

Die troue van President Jacob Zuma met sy vierde vrou, Bongi Ngema, sal ‘n privaatgeleentheid tussen familielede in Nkandla volgende naweek wees, het die presidensie Sondag gesê. Die koste van die seremonie sal deur Zuma self gedra word en daar sal geen regeringsfondse gebruik word nie, het Mac Maharaj, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê. Hy

Lees verder: Zuma trou glo nie op belastingbetalers se onkoste nie

E-tol: Motoriste moet ANC-boelies aanvat

Die aankondiging dat padgebruikers nog duurder sal betaal as hulle nie registreer vir e-tol nie, het Gauteng se bestuurders nog warmer onder die kraag Motoriste wat nie vir e-skyfies registreer nie sal drie keer duurder vir die gebruik van Gauteng se nuwe tolpaaie betaal, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) Maandag gesê. “Padgebruikers wat nie

Lees verder: E-tol: Motoriste moet ANC-boelies aanvat

Bruin en swart takel mekaar in PE

Dertien mense is in die Bethelsdorp-gebied naby Port Elizabeth in hegtenis geneem weens openbare geweld. Beslag is gelê op ses petrolbomme en verskeie tuisgemaakte wapens. Die inhegtenisnemings volg na botsings tussen strydende groepe voorgekom het. Vier gemeenskapsleiers se huise is met klippe bestook en aan die brand gesteek. Daar is steeds ‘n sterk polisieteenwoordigheid in

Lees verder: Bruin en swart takel mekaar in PE

Krugerrande te lig bevind

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het handelaars in Krugerrande ingelig dat die S.A. Munt munte waarvan die egtheid betwyfel word, sal omruil. Dit volg na berigte dat sommige Krugerrande ondergewig was en te min goud bevat. Die Reserwebank sê die munte is in April en Mei verlede jaar gemunt. ‘n Krugerrand word teen sowat R14 000 verkoop

Lees verder: Krugerrande te lig bevind

Malema sal ‘oortuig’ word sê ANC

Die ANC het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle sê hulle het kennis geneem van die besluit wat geneem is deur die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) van die ANC-jeugliga tydens sy vergadering wat in Johannesburg gehou is om die besluit van die ANC se tugkomitee (NTK) tydelik te ignoreer. Die leierskap van die ANC sal kyk

Lees verder: Malema sal ‘oortuig’ word sê ANC

Zuma te besig vir Prinses Anne

Prinses Anne sal Kgalema Motlanthe Dinsdag ontmoet op haar besoek aan Suid-Afrika ter viering van die jubileum van Koningin Elizabeth II, het die presidensie gesê. Presidensie-woordvoerder Mac Maharaj het Maandag gesê dat president Jacob Zuma Maandag en Dinsdag in KwaZulu-Natal sal wees en dus nie beskikbaar sal wees om Prinses Anne te ontmoet nie. “Die

Lees verder: Zuma te besig vir Prinses Anne

‘Malema sal steeds pligte nakom’

Julius Malema sal aanhou om sy pligte as president van die ANC-Jeugliga na te kom, ondanks dat hy deur die ANC geskors is, het die liga Sondag gesê. “Die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) het saamgestem dat die president van die ANC-Jeugliga moet voortgaan as president van die ANC-Jeugliga en al sy funksies as ‘n president

Lees verder: ‘Malema sal steeds pligte nakom’