Krugerrande te lig bevind

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het handelaars in Krugerrande ingelig dat die S.A. Munt munte waarvan die egtheid betwyfel word, sal omruil.

Dit volg na berigte dat sommige Krugerrande ondergewig was en te min goud bevat. Die Reserwebank sê die munte is in April en Mei verlede jaar gemunt.

‘n Krugerrand word teen sowat R14 000 verkoop en is die gewildste munt ter wêreld.

Volgens sommige berigte is munthandelaars verlede jaar na SA Munt ontbied om ‘n ooreenkoms van vertroulikheid te onderteken dat hulle nie oor die munte sou praat nie.

Twee senior amptenare van die maatskappy het SA Munt kort daarna verlaat.

Лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae