Dertien mense is in die Bethelsdorp-gebied naby Port Elizabeth in hegtenis geneem weens openbare geweld.
Beslag is gelê op ses petrolbomme en verskeie tuisgemaakte wapens. Die inhegtenisnemings volg na botsings tussen strydende groepe voorgekom het. Vier gemeenskapsleiers se huise is met klippe bestook en aan die brand gesteek.
Daar is steeds ‘n sterk polisieteenwoordigheid in die gebied na groepe van Vastrap en Greenfields Saterdag byna slaags geraak het weens beweerde politieke verskille.
Volgens die SAUK-nuus se beeldmateriaal, is dit swart en bruin inwoners wat slaags geraak het.
Volgens berigte is beweerde korrupsie in die toekennig van HOP-huise die oorsaak van die onmin.
