Malema sal ‘oortuig’ word sê ANC

Die ANC het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle sê hulle het kennis geneem van die besluit wat geneem is deur die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) van die ANC-jeugliga tydens sy vergadering wat in Johannesburg gehou is om die besluit van die ANC se tugkomitee (NTK) tydelik te ignoreer.

Die leierskap van die ANC sal kyk na hierdie verwikkeling en reageer, lui die verklaring. Die versoek van ‘n vergadering tussen die NUK van die ANC en dié van die ANC-jeugliga, sal glo deur die leierskap van die ANC oorweeg word, maar nie inmeng met die hangende dissiplinêre proses teen ligalede nie.

Die besluit om die beslissing uit te daag, is egter gelykstaande aan die verontagsaming van die Grondwet van die ANC. In plaas van die verontagsaming van die Grondwet behoort Malema die geleentheid wat deur die Grondwet daargestel is om te appelleer aangryp, het Jackson Mthembu, woordvoerder, gesê.

“Die ANC-jeugliga moet deur die Grondwet van die ANC gelei word en daar word van alle strukture verwag om te bly by die besluite wat geneem is en dit te respekteer.

“Die optrede van die Jeugliga is effektief besig om die organisasie buite Grondwetlike raamwerk van die ANC te definieer. Die ANC sal daarom ANC-jeugliga se NUK oortuig om nie voort te gaan met hul voorneme om die Grondwet van die ANC te ondermyn en uit te daag nie,” het Mthembu gesê.

Фільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae