14 Augustus is inderdaad ʼn uitstaande baken op die pad van die Afrikanervolk. Dit was op 14 Augustus 1875 dat die Genootskap van Regte Afrikaners gestig is. Dit was hoegenaamd nie ʼn volksbeweging wat daartoe aanleiding gegee het nie. Inteendeel, dit was slegs ʼn paar begeesterde en doelgerigte manne wat die taak op hulle skouers geneem het.

In die Rapport van verlede naweek was daar ʼn berig wat handel oor ʼn verslag wat bekendgemaak is deur die Nasionale vervolgings gesag (NV ) waarin baie dringende waarskuwings gerig word dat Suid-Afrika as veilige hawe gebruik word deur Moslemterroristegroepe.