Die Russiese president Dmitri Medwedef het daarop aangedring dat die bevolkings van die twee streke toegelaat moet word om te stem of hulle by Rusland wil aansluit of nie.
Sergei Lawrof, die Russiese minister van buitelandse sake, sê ander maatreëls sal getref word om enige herhaling van die verregaande Georgiese aggressie te voorkom ingeval Georgië die vredesaanbod van die hand wys.
Russiese leiers het beklemtoon dat die Georgiese magte gruweldade teen burgerlikes gepleeg het toe Saakasjwili verlede week die groenlig gegee het vir die mislukte poging om Suid-Ossetië te herower.
Die Russe het ook ingestem om hul troepe uit Georgië te onttrek en terug te keer na die posisies waar hulle hulle voor aanvang van gevegte bevind het.
