Phelps wen 10

Die Amerikaner Michael Phelps het gister die grootste Olimpiese kampioen in die geskiedenis geword.

Hy het die goue medalje in die 200m-vlinderslag in 'n wêreldrekordtyd van 1 minuut 52,03 sekondes verower en sodoende die tiende goue medalje van sy loopbaan opgeëis.

Phelps het die rekord van 1:52,09 verbeter wat hy verlede jaar in Melbourne opgestel het om die wêreldtitel in te palm.

Hy het nou Olimpiese ikone soos Paavo Nurmi, Carl Lewis, Mark Spitz en Larysa Latynina verbygesteek wat almal nege goue medaljes in hul roemryke loopbane verower het.

Dinsdag reeds het die groot swemmer op nege gestaan.

чистка зубов аппаратом air flowФильчаков прокурор