Polisie jaag skoolkinders met rubberkoeëls uitmekaar

Die polisie het met rubberkoeëls op ‘n groep skoolkinders geskiet wat buite ‘n skool in Hazyview amok gemaak het, het ‘n woordvoerder in Mpumalanga gesê. “Die leerlinge het klasse ontwrig en vensters uitgeslaan by die Bhekiswayo Sekondêre Skool,” het kapt. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, gesê. “Die polisie het rubberkoeëls gebruik om die skare kinders uitmekaar te

Lees verder: Polisie jaag skoolkinders met rubberkoeëls uitmekaar

ANC distansieer hulself van Malema se susji-uitlating

Die ANC het Maandagaand ‘n haastige verklaring uitgereik waarin hulle hulself distansieer van die president van ANC-jeugliga, Julius Malema, se jongste uitlatings. Malema is Maandag in die media aangehaal waar hy gesê het; “Helen Zille probeer al die klubs in Kaapstad toemaak, maar dié een behoort aan die ANC”. Dít kom nadat die skatryk sakeman,

Lees verder: ANC distansieer hulself van Malema se susji-uitlating

Snuffelende soesji-swyne

Die “sakeman”, of in ieder geval iemand wat deesdae vir die ware Jakob in Suid-Afrika deurgaan, mnr Kenny Kunene, het weer sy soesji-foefie uitgehaal. Dié keer was dit in Kaapstad. Kunene het ‘n nuwe nagklub in Kaapstad oopgemaak, bekend as die ZAR-klub. (Is dit vernoem na die Zuid-Afrikaansche Republiek? Sekerlik nie!) Hy het toe opnuut

Lees verder: Snuffelende soesji-swyne

Hou Shell uit die Karoo

Die Vryheidsfront Plus het vandag sy stem gevoeg by die van die nyweraar, mnr. Johan Rupert, om ‘n stokkie te steek voor die gaseksplorasie-plan van die Nederlandse oliereus, Shell in die Karoo. Die VF Plus se hoofwoordvoerder oor water en omgewingsake, mnr. Jaco Mulder, het gesê dat indien Shell toegelaat word om voort te gaan

Lees verder: Hou Shell uit die Karoo

‘n Nuwe era van voedselprysopstande

Egipte en Tunisië het pas ‘n nuwe era van internasionale voedselprysopstande ingelei. Politieke risiko is terug met mening nadat die eerste kosrevolusies van ons Malthusiaanse era dié twee lande geskud het. Albei was blootgestel aan die swak greep van ‘n outoritêre regime en die VSA se evangelie van demokrasie, ‘n nuttige instrument om die arm

Lees verder: ‘n Nuwe era van voedselprysopstande

Ernstige waterkrisis in Brits

Donderdagaand, 26 Jan 2011, het die tekort aan water in Brits reeds begin. Vrydag was daar vir ‘n kort rukkie water. En Saterdag weer, geen water! Die nagmerrie word al groter vir die inwoners van Brits. Toue en toue mense staan by winkels wat water verkoop. Teen Sondagoggend 10h00 was verskeie winkels reeds leeg getap.

Lees verder: Ernstige waterkrisis in Brits

Die VSA se draadsittery

Jimmy Carter sal in die Amerikaanse geskiedenis onthou word as “die president wat Iran verloor het”. Tydens sy termyn het Iran van ‘n belangrike strategiese bondgenoot van die Verenigde State tot die mees revolusionêre Islamitiese Republiek gevorder. Barack Obama sal onthou word as die president wat nie minder nie as drie lande, naamlik Turkye, Libanon

Lees verder: Die VSA se draadsittery