“Die weermag moet kies tussen Egipte en Mubarak,” lees een van die vaandels op Kaïro se Tahrir-plein, waar betogers kos met soldate gedeel het wat gestuur is om die orde te herstel ná gewelddadige betogings teen Mubarak se 30-jaar bewind die land tot in sy kern geskud het.
Ná ses dae van onrus wat gelei het tot die dood van 100 mense, het die twee kante ‘n dooiepunt bereik. Betogers weier om te gaan, terwyl die weermag hulle ook nie beweeg nie.
Mubarak se beloftes om ekonomiese hervorming aan te spreek om openbare woede oor stygende pryse, werkloosheid en ‘n groot gaping tussen ryk en arm op te los, het nie gekeer dat breër oproepe opgaan om Mubarak en sy ondersteuners uit die kussings te lig nie.
Betogers pleit vir ‘n algemene staking Maandag wat die einde van die militêre bewind wat sedert ‘n post-koloniale Egipte in die 1950’s heers, kan beteken.
Die Verenigde State, ‘n bondgenoot wat reeds miljarde dollars se steun in Egipte ingepomp het sedert Mubarak aan bewind gekom het, het net kort van openlik gesê dat hulle hom wil uit hê. Amptenare, insluitend president Barack Obama en sekretaris van buitelandse sake, Hillary Clinton, het reeds verwys na “‘n ordelike oorgang”.
‘n Senior Amerikaanse amptenaar, het gesê die gevoel onder Obama se nasionale veiligheid-volgelinge was dat Mubarak se tyd verby is, maar dit moet aan Egiptenare oorgelaat word om te bepaal wat volgende gebeur.
Mubarak, ‘n voormalige lugmaghoof, is Sondag deur sy militêre bevelvoerders bygestaan. Sy toekoms is tans in hulle hande. Egipte se minister van verdediging het Sondag per telefoon met die VS se verdedigingsekretaris Robert Gates in verbinding getree.
Beleggers bly nietemin senuweeagtig. Die krisis in Egipte volg na ‘n opstand wat die leier van Tunisië twee weke gelede onttroon het asook ‘n golf van woede in ander lande in Noord-Afrika en die Midde-Ooste ontketen het.
Finansiële markte regoor die wêreld was Maandag gespanne oor die impak van die naweek se gebeure in Egipte. Brent-olie is op na ‘n 28-maande-hoogtepunt, net pennies onder $100 per vat. Die dollar het in Asië gestyg nadat beleggers gesoek het na ‘n veilige hawe.
“Die groter vrees is dat die onrus kan versprei na ander Midde-Oosterse lande, insluitend selfs Saoedi-Arabië. As dit gebeur, dan is oliepryse ‘n raaisel,” het ANZ Bank ekonoom Sharon Zöllner in ‘n nota aan kliënte gesê.
‘n Egiptiese opposisiekoalisie wat ook die yslike Islamitiese beweging, die Moslem-broederskap insluit, het Mohamed ElBaradei, voormalige hoof van die IAEA, genader om ‘n regering van nasionale eenheid te vorm en kontak te maak met die militêre leierskap.
ElBaradei het versoek dat Obama ‘n tydige beroep op Mubarak doen om uit te tree.
“Dit is beter vir President Obama nie te lyk asof hy die laaste een is om aan president Mubarak te sê: ‘Dit is tyd vir jou om te gaan’ nie, ” het hy gesê tydens ‘n CNN-onderhoud.
ElBaradei spandeer baie van sy tyd in die buiteland nadat hy verlede jaar ‘n veldtog van stapel gestuur het vir politieke hervorming in Egipte tot die opposisie se teleurstelling, maar verleen nogtans die gewig van sy internasionale reputasie aan ‘n beweging waarvan ‘n leier ontbreek.
Terwyl die leër wetteloosheid stopgesit het, was daar geen teken hulle bereid is om die betogers van die strate af te kry nie.
“In die volgende paar dae sal veiligheid en stabiliteit terugkeer,” het Brigadier Atef Said in Suez gesê, oos van Kaïro, die toneel van ‘n paar van die ergste gewelddadige voorvalle tussen die polisie en protesteerders.
“Ons sal protes toelaat in die komende dae. Elkeen het die reg om hulle mening te lug.. Ons luister en probeer alle partye help. Ons is nie hier om iemand te stop nie. Dit is ons mense,” het hy gesê.
