Agterstand in vuurwapen-appèlle yslik

“Die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, het bevestig dat die agterstand van appèlle op die aansoeke van vuurwapens tans 13 673 is. Hy het geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement. Volgens die antwoord van die minister was daar sedert 2008 tot 29 Julie 2011 reeds 26

Lees verder: Agterstand in vuurwapen-appèlle yslik

Dalai Lama tree uit

Die Dalai Lama het amptelik uitgetree uit die politiek, en hy sê hy wil lewe as ‘n “eenvoudige monnik.” Dit is ‘n waterskeidingsoomblik vir Tibet, ook te midde van vrese en omstredenheid oor die nuwe generasie leiers. Intussen het die Chinese owerhede betogings deur Tibetaanse monnike verbied. Hy wil beslis nie opeindig soos die Koningin

Lees verder: Dalai Lama tree uit

SA, VSA kom ooreen om rebellefondse vry te stel

Die VN se Veiligheidsraad het Donderdag ‘n ooreenkoms bereik om $1,5 miljard se gevriesde Libiese bates as noodfondse aan die rebellemagte in dié land beskikbaar te stel, nadat Amerika en Suid-Afrika ‘n dispuut oor die geld bygelê het. Die uiteindelike skikking beteken Amerika sal nie vra dat daar binne die Veiligheidsraad gestem word om die

Lees verder: SA, VSA kom ooreen om rebellefondse vry te stel

OB wil diefstal tydens apartheid ondersoek

Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, sê die voorlopige ondersoek na ‘n klagte oor staatsgeld wat gedurende apartheid verdwyn het, kan slegs bespoedig word indien meer ondersoekers beskikbaar gestel word. Madonsela sê sy hoop om ‘n voorlopige verslag oor die kwessie teen die einde van Oktober uit te reik. Sy sê ‘n volledige ondersoek sal afhang

Lees verder: OB wil diefstal tydens apartheid ondersoek

SA keer dat rebelle Libiese bates vat

Suid-Afrika het pogings deur Amerika by die Verenigde Nasies gekeer, om een en ‘n half miljard dollar in Libiese bates aan die rebelle in dié land beskikbaar te stel. Die Suid-Afrikaanse ambassadeur by die VN, Baso Sangqu sê om Libië se rebelle te befonds sal impliseer dat hulle erkenning geniet, en die Afrika-Unie het nog

Lees verder: SA keer dat rebelle Libiese bates vat

Motlanthe vra dat Internasionale Strafhof NAVO vergrype ondersoek

Kgalema Motlanthe het versoek dat die Internasionale Strafhof NAVO-bevelvoerders ondersoek vir moontlike misdade teen die mensdom tydens die organisasie se bombardemente in Libië. Hy het geantwoord op vrae in die parlement oor die wisselvallige situasie in dié Noord-Afrika land. Motlanthe het gesê die hof – wat lasbriewe vir inhegtenisnemings uitgereik het vir die sukkelende Libiese

Lees verder: Motlanthe vra dat Internasionale Strafhof NAVO vergrype ondersoek

Malema en kie oor Botswana geraps, nie oor nasionalisering en grondroof

Die ANC het besluit om nie vir Julius Malema en sy nasionale woordvoerder Floyd Shivambu alleen aanspreeklik te hou vir uitlatings oor Botswana nie en ander Jeugligaleiers ook te tug. Derek Hanekom, voorsitter van die ANC se nasionale tugkomitee, het Woensdag gesê Sindiso Magaqa, sekretaris-generaal; Ronald Lamola, adjunkpresident; Pule Mabe, tesourier; en Kenetswe Mosenogi, adjunk-

Lees verder: Malema en kie oor Botswana geraps, nie oor nasionalisering en grondroof

Swart leier in Chinese klip verewig

‘n Klipstandbeeld, wat deel vorm van die middelpunt van ‘n $120 miljoen gedenkplaas vir Marin Luther King jnr., is Maandag by die National Mall in Washington vir die publek oopgestel. Dit is die enigste op die Mall wat nie eer aan ‘n president of gevalle soldate bring nie. In die skaduwee van die Washington Monument,

Lees verder: Swart leier in Chinese klip verewig

HRW takel wynprodusente

‘n Verslag oor die haglike toestande van plaaswerkers op wyn- en vrugteplase in die Wes-Kaap wat Dinsdag deur Human Rights Watch (HRW) in Kaapstad bekend gestel is, is deur Agri SA verwerp. Die verslag getiteld “Ripe with Abuse: Human Rights Condi­tions in South Africa’s Fruit and Wine Industries” beskuldig die plaaslike regering daarvan dat hulle misluk

Lees verder: HRW takel wynprodusente