OB wil diefstal tydens apartheid ondersoek

Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, sê die voorlopige ondersoek na ‘n klagte oor staatsgeld wat gedurende apartheid verdwyn het, kan slegs bespoedig word indien meer ondersoekers beskikbaar gestel word.

Madonsela sê sy hoop om ‘n voorlopige verslag oor die kwessie teen die einde van Oktober uit te reik. Sy sê ‘n volledige ondersoek sal afhang van die voorlopige bevindings.

Madonsela se ondersoek volg op ‘n klagte van die Voorsitter van die Suider-Afrikaanse Instituut vir Verantwoordbaarheid, Paul Hoffman, dat geld wat gedurende die apartheidstyd gesteel is, teruggevind word.

Ongeveer 26-miljard rand het na bewering na-aan die einde van apartheid weggeraak. Een van die land se voorste handelsbanke word ook by die gebeure betrek.

excalibur casino gamesлобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae