SA keer dat rebelle Libiese bates vat

Suid-Afrika het pogings deur Amerika by die Verenigde Nasies gekeer, om een en ‘n half miljard dollar in Libiese bates aan die rebelle in dié land beskikbaar te stel.

Die Suid-Afrikaanse ambassadeur by die VN, Baso Sangqu sê om Libië se rebelle te befonds sal impliseer dat hulle erkenning geniet, en die Afrika-Unie het nog nie daaroor besluit nie.

Suid-Afrika is die enigste land op die VN se sanksies-komitee vir Libië wat teen die stap gekant is. Indien Amerika nié ‘n eenparige stemming in dié komitee bekom nie, kan hy die kwessie na die Veiligheidsraad verwys.

‘n Woordvoerder van die Amerikaanse departement van buitelandse sake, Mark Toner sê die geld word dringend benodig. Intussen het gevegte gister steeds in Tripoli in Libië voorgeduur terwyl vegters lojaal aan Moeammar Gaddafi teruggeveg het, ‘n dag nadat sy vesting in die hoofstad oorgeneem is.

Die rebelle het vroeër ‘n losprys van bykans 12 miljoen rand uitgeloof vir Ghaddafi se inhegtenisneming, lewend of dood. Die Amerikaanse regering sê Libië se wapens van massa vernietiging is beveilig en hy is vol vertroue dat die Libiese oorgangsraad regeringstrukture sal kan vestig.

дренажный насос дляФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae