Hy het geantwoord op vrae in die parlement oor die wisselvallige situasie in dié Noord-Afrika land.
Motlanthe het gesê die hof – wat lasbriewe vir inhegtenisnemings uitgereik het vir die sukkelende Libiese leier Moeammar Gaddafi en ‘n paar van sy naaste medewerkers – moet sy ondersoek uitbrei na die rol wat gespeel word deur NAVO-troepe in die ondersteuning van die rebelle in hul bod om die Gaddafi-regime omver te werp.
“Ons neem kennis dat hulle [NAVO] probeer om die indruk te skep dat dit die rebelle is wat op hul eie in aanvalle in Tripoli lei, maar daar is duidelike skakels en koördinering op daardie vlak.
“Die vraag is of die [hof] die middele sal hê om daardie inligting bloot te lê en diegene wat verantwoordelik is verantwoordelik te hou, insluitend die NAVO-bevelvoerders op die grond,” het hy gesê.
In Johannesburg het ‘n groep van “Afrika-betrokkenes” ‘n ope brief aan NAVO gerig waarin hulle sê Afrika loop die risiko om “geherkoloniseer” te word.
Een van die ondertekenaars van die Universiteit van Johannesburg, die hoof van die politieke wetenskap, Chris Landsberg, het gesê NAVO het “die internasionale reg geskend, hulle het ‘n regime-verandering agenda”.
Willie Esterhuyse, afgetrede professor van sake-etiek van Stellenbosch, was ook een van die ondertekenare.
Die NAVO-bombardement is goedgekeur is deur die VN-Veiligheidsraad na die aanvaarding van ‘n resolusie wat Suid-Afrika ondersteun het, wat afgestem was op die beskerming van burgerlikes.
Die resolusie het ‘n NAVO-alliansie van die Noord-Amerikaanse en die Europese lande in staat gestel om ‘n vliegspergebied daar te stel. Die alliansie het intussen die resolusie muisbruik om bomaanvalle teen Gadaffi te loods.
Motlanthe het gesê die NAVO-optrede in Libië maak dit moeilik vir die VN om soortgelyke ingrypings in ander lande, veral Sirië, goed te keur waar die bevolking na die strate is om regimeverandering te eis.
“Dit skep ‘n probleem vir toekomstige ingrypings, en as gevolg van hierdie situasie wat ontstaan het in Libië kan die Veiligheidsraad van die Raad nie ooreenkom oor hoe om in te gryp in Sirië nie.”
