praag.co.za

Malema en kie oor Botswana geraps, nie oor nasionalisering en grondroof

Written by

in

Die ANC het besluit om nie vir Julius Malema en sy nasionale woordvoerder Floyd Shivambu alleen aanspreeklik te hou vir uitlatings oor Botswana nie en ander Jeugligaleiers ook te tug.

Derek Hanekom, voorsitter van die ANC se nasionale tugkomitee, het Woensdag gesê Sindiso Magaqa, sekretaris-generaal; Ronald Lamola, adjunkpresident; Pule Mabe, tesourier; en Kenetswe Mosenogi, adjunk- sekretaris-generaal, sal ook aangekla word dat hulle nie by die ANC-grondwet gehou het nie.

Malema en Shivambu is verlede week vir oortredings van die party se grondwet aangekla.

Magaqa, Lamola, Mabe en Mosenogi word daarvan aangekla dat hulle bepalings 25.5 (o) en (q) van die ANC-grondwet oortree het.

Die jeugliga sê die klag het nie soseer met swak dissipline te make nie, maar is ‘n politieke stap. Hulle beplan om massavergaderings te hou oor die tugstappe.

Sommige politieke ontleders meen dit is ‘n manier van pres. Zuma om sy teenstanders voortydig uit te skakel, voor die algemene verkiesing, sodat hy nie dieselfde lot tegemoet gaan as wat Tabo Mbeki in Polokwane getref het nie.

Dit is egter opmerklik dat die ANC se beswaar teen Malema slegs handel oor sy uitlatings oor Botswana en nie oor sy uitsprake betreffende nasionalisering en grondroof nie.

Die ANC Jeugliga in Limpopo het ondertussen ‘n beroep gedoen vir die heropening van ‘n ondersoek na die wapentransaksie. Die liga sê almal wat by die multi-miljard randse wapentransaksie baat gevind het, moet vervolg word.

Die provinsiale sekretaris, Jacob Lebogo, sê die openbare beskermer moet die kwessie heropen en alle onbeantwoorde vrae moet opgeklaar word. Hy sê die kwessie duik oor en oor op en ander lande dink dat Suid-Afrika nie duidelikheid daaroor wíl hê nie. Lebogo sê die jeug moet behoorlike en duidelike afsluiting oor die kwessie kry.

купить липецк тележки инструментальныелобановский харьков

Comments

Leave a Reply