Sowat 15 mense is beseer nadat die polisie met rubberkoeëls op die Transnet-betogers in Durban losgebrand het, het die KwaZulu-Natalse polisie gesê. Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare 911 het gesê talle mans en vrouens wat by Transnet werk, het Maandag by die Bayheadweg bymekaargedrom om te betoog. “Die groep het oproerig begin raak en het
Obama vergeet sy speletjieveldtog
Pres. Barack Obama van die VSA het aan gegradueerdes gesê die era van die iPod en die Xbox is nie altyd tot voordeel van die bevordering van goeie onderrig nie. Dit kom as ‘n verrassing aangesien die president in 2008 dmv videospeletjies sy verkiesingsveldtog gevoer het. Obama het dié stelling gemaak in ’n toespraak voor
Tiger onttrek
Tiger Woods het uit die Players-kampioenskap onttrek nadat hy ‘n besering opgedoen het wat hy glo ‘n werwel in sy rug is wat uit plek is. Volgens Woods speel hy al sowat ‘n maand lank met ‘n seer nek. Hy het glo sy kop vir ‘n paar minute lank vorentoe gebuig terwyl hy voor sy
Groet Anton, die grotman
Die heersende wetenskaplike teorie lui dat die mens sy oorspronge in Afrika gehad het, en tussen 60000 en 100000 jaar uit Afrika migreer het om later die ganse aarde te koloniseer. Wetenskaplikes is eweneens lief daarvoor om ons daarop te wys dat 99% van alle mense se DNS dieselfde is, en dat slegs 1% van
Oorwinning wag op Vlaminge
Oor net meer as ‘n maand, op 13 Junie, gaan die Belge ‘n vervroegde verkiesing hou nadat die Vlaamse Christen-demokraat-geleide regering tot ‘n val gekom het. Een ding weet die Belge reeds. Die land gaan na die verkiesing nie meer dieselfde premier hê nie. Yves Leterme van die CD & V staan terug, en sal
Zuma – een jaar op die troon
Die gebruik om ‘n nuwe regeringshoof se prestasies na een jaar te ontleed is dikwels nie baie billik nie. In die geval van pres. Jacob Zuma behoort die billikheidsvereiste nie te geld nie, omdat hy tegnies ‘n voortsetting is van die bewind van dieselfde party. Verder is die komende Fifa-eindtoernooi so ‘n omvangryke gebeurtenis dat
Juffrou de Kock die geheime wapen teen swak OG-verslae
Herrie lees Vrystaat se berig oor die Ouditeur-generaal se verslag oor Dihlabeng se sake. Twee hoofpynpille en ‘n dosis Eno’s later is Herrie naastenby genoegsaam herstel om ‘n paar waardevolle voorstelle te doen. Herrie dink die spulletjie moet terug skool toe gaan. Nee, nie enige skool nie, en nie enige juffrou nie. Nee, sit hulle
Lees verder: Juffrou de Kock die geheime wapen teen swak OG-verslae
Passasiers spring uit brandende trein
Passasiers op ‘n trein wat na Durban onderweg was, is Sondagaand beseer toe hulle by die bewegende trein uitgespring het om van ‘n brand wat uitgebreek het, te vlug. Die trein was vanaf Stanger na Durban onderweg toe die brand naby die Greenwoodpark-treinstasie uitgebreek het. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend is
Jeugligawoordvoerder se skorsing ‘nonsens’
Die ANC-jeugliga se woordvoerder, Floyd Shivambu, het Sondag gerugte dat hy vir wangedrag geskors is as “absolute nonsens” bestempel. Gerugte het die rondte Saterdagaand begin doen dat Shivambu geskors is vir wangedrag tydens ‘n ANC-jeugliga konferensie. Daar is ook berig dat hy rassistiese opmerkings teen lede van die ANC gemaak het. Hierdie eise is ook
Malema baklei terug
Julius Malema, die ANC-jeugligaleier, gaan glo terugbaklei teen Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, se poging om hom voor stok te kry oor sy onlangse “afwykende gedrag”. Dit sluit sy Skiet-die-boer-singery, inmenging in Suid-Afrika se pogings in Zimbabwe en die afjak van ‘n BBC-joernalis in. Malema sal glo deur middel van sy regsverteenwoordiger, asook Mathews
