Luidens ‘n berig in die Britse dagblad, The Telegraph, raam die VN dat die ryk Noorde elke jaar tot en met 2050 deur ‘n konstante stroom van 2,2 miljoen immigrante aangevul gaan word. Die VK se bevolking sal in dié tydperk van 60 miljoen na 69 miljoen toeneem uitsluitlik te danke aan nuwe aankomelinge.
Dit volg uit die jongste verslag wat die VN se bevolkingsafdeling gister bekend gestel het oor die volgende vier dekades se migrasiestrome en hoe die globale prentjie vir altyd daardeur geraak en verander gaan word.
Daar sal in Afrika, Asië en die Midde-Ooste miljarde mense meer as in Europa en Amerika wees, terwyl inheemse bevolkings in ryk lande sal afneem of stagneer.

Die voorspelbaar radikale voorstelle oor grondonteiening wat die direkteur-generaal van grondsake, Glen Thomas, nou maak, is genoeg om enige redelike mens te laat sidder. Dit het my ook weer oortuig van my mees pessimistiese tese wat ek reeds in 2000 in ’n ongepubliseerde bydrae aan Die Burger gestel het: dat die 1994-skikking Suid-Afrika se eensydige Versailles-ooreenkoms was wat noodwendig tot ’n nuwe rondte konflik sou lei.