Die hooggeregshof in Zimbabwe het die verkoop van diamante afkomstig uit ’n gebied bekend vir menseregtevergrype goedgekeur, ’n stap wat teenstrydig is met die Kimberley-proses, het die staatsbeheerde media gister berig. Die verkoop van 300 000 karaat diamante uit die oostelike Marange-velde is verlede jaar deur die internasionale reguleerder gestop nadat daar bevind is dat
SA rykste land in die wêreld
Suid-Afrika is die wêreld se rykste land in terme van sy minerale hulpbronne, ter waarde van $2 500 miljard, volgens navorsing deur die Amerikaanse bank Citigroup, berig Bloomberg. Die Citigroup-verslag, wat deur die mynbou-ontleder, Craig Sainsbury, saamgestel is, sê Rusland kom tweede ná Suid-Afrika en Australië derde. Die navorsing dui daarop dat Suid-Afrika, Guinee, die
Waarheen nou?
instagramtopcargo отзыв
Zille-ondersteuners tart ANC
Terwyl Helen Zille Dinsdag met Vryheidsdag toeskouers buite die konstitusionele hof toegespreek het, het betogers met ANC-vlae en T-hemde opgedaag by die byeenkoms. Zille het in haar rede gesê Suid-Afrika se huidige staatshoof bedreig die Grondwet. Sy het egter nagelaat om te verwys na die DA se ondersteuning vir ongrondwetlike naamsveranderinge of ewe ongrondwetlike beleid
Alles vir almal wees
‘n Vroeëre skikking tussen Unita en die MPLA het in die slag gebly toe MPLA-vegters met hul houding die indruk geskep het dat die MPLA die gewapende stryd gewen het. Kort voor lank was Unita weer in ‘n gewapende stryd met die MPLA gewikkel wat eers beëindig is toe die Unita-leier, Jonas Savimbi, deur ‘n
Groepsgebiedewet leef steeds sê Zuma
Suid-Afrika vier tans16 jaar van demokrasie, maar Dinsdag het President Jacob Zuma gesê die gevolge van onregverdige apartheidswette is steeds duidelik sigbaar. “Ons mense moet nog daagliks gekonfronteer word met die impak van die wet,” het Zuma in Pretoria gesê, verwysende na die eertydse Groepsgebiedewet. Hy het ‘n klein opkoms by die Uniegebou met Vryheidsdagvieringe
Ergste olieramp bedreig VSA
Amptenare het gewaarsku dat indien die lek by die olieboor in die Golf van Mexiko nie geseel word nie, dit tot die ergste olieramp in Amerikaanse geskiedenis kan lei. ‘n Reuse masjien van omtrent 450-ton is ingespan om die olie put te seel. “BP se pogings om die olie-put te seel, was nie suksesvol nie,”
Malcolm X se moordenaar vry
Die moordenaar van die omstrede menseregte-aktivis, Malcolm X, is na meer as vier dekades uit die tronk vrygelaat. “Sy vrylating is goedgekeur en hy is vandag laat gaan,” het Linde Foglia, woordvoerder van die New Yorkse departement van korrektiewe dienste, Dinsdag gesê. Thomas Hagan (69), was die leier van die militante Nation of Islam beweging
Afrikaanse nuus dalk eersdaags op kykNET
’n Afrikaanse nuusbulletin kom dalk eersdaags op kykNET in ‘n poging om advertensie-inkomste te verhoog. Afrikaanse tydgleuwe op TV blyk uiters winsgewend vir SABC2, die openbare uitsaaier, te wees in teenstelling met ander tale en dié feit is waarskynlik wat kykNET sal oorreed om ‘n Afrikaanse nuusbulletin te oorweeg. Die nuuskanaal eNews is tans
Verdediging
Johannn Wingard vir ons in ‘n uitstekende skrywe uiteengesit dat ons eintlik in ‘n burgeroorlog betrokke is. Dit is nodig om onsself te verdedig en daarom wil ek graag na verskeie metodes van verdediging kyk. Romeine Soos wat die Romeinse ryk uitgebrei het, het hulle reuse grensgebiede gehad wat verdedig moes word teen aanvalle van
