Groepsgebiedewet leef steeds sê Zuma

Suid-Afrika vier tans16 jaar van demokrasie, maar Dinsdag het President Jacob Zuma gesê die gevolge van onregverdige apartheidswette is steeds duidelik sigbaar.

“Ons mense moet nog daagliks gekonfronteer word met die impak van die wet,” het Zuma in Pretoria gesê, verwysende na die eertydse Groepsgebiedewet.

Hy het ‘n klein opkoms by die Uniegebou met Vryheidsdagvieringe toegespreek, en gesê die Wet – wat die rasseverdeling van stede en dorpe geïnstitusionaliseer het – bestaan nog steeds 20 jaar nadat dit herroep is.

“Baie mense woon in gebiede wat vir swart mense … weg van ekonomiese geleenthede en burgerlike dienste, geskep is,” het hy gesê.

“Vryheid gee ons ‘n verantwoordelikheid om saam te werk in die proses van verandering van sodanige toestande.”

Dit was ‘n voorbeeld van die vele wat Zuma gesê moet aangespreek word om te verseker dat mense “die vrugte van vryheid geniet”.

Hy het gewaarsku dat in vier jaar se tyd – na twintig jaar van demokrasie – die regering nie meer simpatie vir sy versuim om ‘n verskil in die lewens van mense te maak, sal kan vra nie.

Zuma het toleransie vir ander ras- en kultuurgroepe gevra en gesê verdere betrokkenheid is nodig om gemeenskaplike begrip te bevorder.

Dit, het hy gesê, sal die golf van kritiek oor geografiese naamsveranderings, struggleliedjies en die slag van diere vir die voorvadergeeste wat sommige kulture beoefen, keer.

Die Vryheidsfront Plus het gesê demokrasie is besmet deur die hoë moordkoers in die land. VF Plus-leier Pieter Mulder het gesê Suid-Afrika se rasse is meer verdeel op die oomblik is as op enige ander tydstip sedert 1994.

Hy het gesê rassisme is “maklike politiek” en “moeilike politiek” is om ‘n plek te maak in die son vir almal in die land en wen-wen oplossings te vind.

pearl jewellery forДанильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae