Amptenare het gewaarsku dat indien die lek by die olieboor in die Golf van Mexiko nie geseel word nie, dit tot die ergste olieramp in Amerikaanse geskiedenis kan lei.
‘n Reuse masjien van omtrent 450-ton is ingespan om die olie put te seel.
“BP se pogings om die olie-put te seel, was nie suksesvol nie,” het Admiraal Mary Landry egter tydens ‘n nuuskonferensie gese.
Die olie dryf tans slegs 33km van die ekologies sensitiewe kusgebied van Louisiana af.
Die Deepwater Horizon olieboor, wat vir BP werk, het verlede week na ‘n reuse ontploffing gesink.
Elf werkers is tydens die ontploffing oorlede.
