Verdediging

Johannn Wingard vir ons in ‘n uitstekende skrywe uiteengesit dat ons eintlik in ‘n burgeroorlog betrokke is. Dit is nodig om onsself te verdedig en daarom wil ek graag na verskeie metodes van verdediging kyk.

Romeine
Soos wat die Romeinse ryk uitgebrei het, het hulle reuse grensgebiede gehad wat verdedig moes word teen aanvalle van verskeie kante. In die beginjare van die Romeinse ryk het hulle ‘n strategie gevolg wat later as die voorlangse verdedigingsmetode bekend geraak het. Dit het behels dat die leër al langs die grense ontplooi was. Verskeie saliente, dit is versterkings wat oor die vyand se grens loop met wagtorings is geskep sodat wagte vroegtydig die leër kon waarsku van ‘n komende aanval. Wagtorings tesame met verkenning in die vyand se gebied was nodig om die strategie te laat werk. Die leër het aanvalle teengestaan nog voor hulle die Romeinse grondgebied bereik het. Omrede die leer so wyd verspreid was, was voorlangse verdediging nie baie suksesvol teen ‘n groot aanvalsmag nie. Dit was ook baie duur om te onderhou en nadat die Romeinse gebiede suksesvol ingeval was in die jaar 251 het hulle besluit om ‘n ander metode van verdediging toe te pas.

Die Romeine het ‘n strategie van in-diepte verdediging begin toepas. Dit het beteken dat die grensgebiede nou die oorlogsgebied geword het, ipv die vyand se grondgebied. Onder hierdie strategie sou die grenswagte nie probeer om die aanvallers te verdryf nie, maar terugval na versterkte vestings en die vyand besig hou terwyl ‘n mobiele mag vanaf die binneland die vyand sou verdryf. Hierdie was ‘n goedkoper manier van verdediging vir die Romeine, maar het beteken dat die burgers in die grensgebiede nie beskermd was teen plundertogte van die vyand nie. Daar was minder soldate nodig, maar gewone grensbewoners het die prys vir die aanvalle gedra.

Britte
Met die bereiging van ‘n Duitse inval in Brittanje in die beginjare van die tweede wêreldoorlog het die Britte geen steen onaangeraak gelaat om hulleself reg te maak vir die verdediging van hulle land nie. Daar het sommer gou een en ‘n halfmiljoen vrywilligers by die Britse tuiswag aangesluit. ‘n Ongelooflike voorbereiding is getref om die land te verdedig en ‘n kombinasie van voorlangse en in-diepte verdedigingsmetodes is gebruik. Wapens en bomme is van enige bruikbare materiaal gemaak en kabels is gespan, lokvalle gegrou en versterkings gebou. Hulle het slopingskamers in brue ingebou en was reg om vliegvelde en spoorlyne te vernietig indien hulle ingeval sou word.

Afrikaners
Vanaf die vroegste tye het die Afrikaner probleme op die grense met die swart stamme ondervind. Gereeld is die Boere se plase aangeval en die beeste gesteel, die mense verkrag en vermoor en die huise afgebrand. Grensboere in die Kaap het gereeld strafpartye gestuur om die ‘n teenaanval te doen nadat ‘n plaas aangeval is. Die Kaapse Britse regering het niks gedoen om te help nie en Piet Retief het gekies om te trek eerder as om in opstand teen die regering te kom. In Natal aangekom koop hy grond van Dingaan en ons ken die storie verder. Die Trekkers se strategie vir verdediging was om laer te trek, die groot aanval af te weer en daarna ‘n strafparty uit te stuur om die aanvallers te straf vir die aanval. Hierdie strategie om strafkommandos te gebruik is gedoen tot en met die tweede vryheidsoorlog, en was ook gebruik om Silkaats uit die Transvaal te dryf. Met die stigting van die Boererepublieke was daar nog al die tyd grensoorloë met die swart stamme. Die Boerekommandos was gestig om die swartes te beheer (soos nou weer die geval is), en is toe later gebruik om die land teen die Engelse te verdedig.

Vandag

Soos die Romeine het ons Afrikaners ‘n probleem om ‘n groot grondgebied met min mense te beskerm. Ons vyand is nie net meer op die grense nie, maar tussen ons op die plase, in die dorpe en die stede. Omrede die finansies en mannekrag vir voorlangse verdediging ontbreek, is ‘n moderne weergawe in-diepte verdediging nodig. In die moderne weergawe word verskeie lae van verdediging gebruik om die vyand besig te hou sodat ‘n reaksiemag tyd het om by te kom om die vyand te verdryf. Omrede die vyand in klein groepe aanval en nie hulle wapens goed kan gebruik nie, kan selfs ‘n buurman as voldoende reaksiemag dien, soos heelparty kere al die geval was. Dit is belangrik dat verskeie lae van verdeging gebruik word om tyd te koop tydens ‘n aanval. Toegang tot komunikasie met die reaksiemag op enige gegewe oomblik is een van die belangrikste wapens tot ons beskikking. Elektroniese waarskuwingsmetodes asook honde is belangrik om jou te waarsku van ‘n komende aanval. Die kommandos moet versprei word om vinnige reaksie te kan lewer oor hulle hele gebied, en goeie kommunikasie met die huisbewoners hou. Die kommando moet seker maak dat die huisbewoner homself kan beveilig binne sy huis vir die tyd wat dit hulle neem om te reageer.

Heelwat mense in Rhodesië het die oorlog oorleef deur groot heinings wyd om hulle huise te span en ‘n trop honde aan te hou om hulle te waarsku teen ‘n komende aanval. Indien ‘n plaas aangeval is, is die weermag laat weet en die huisgesin het binne in ‘n bunker wat gewoonlik in die gang was geskuil. Die RLI het dan heelparty keer per helikopter reageer en het uitstekende suksesse behaal.

So kan gesien word dat die kommandos se belangrikste taak is om gewone huisbewoners te konnekteer aan die kommunikasienetwerk en te help om hulle huise in te rig sodat hulle ‘n aanval kan oorleef. Mense moet opgelei word deur die kommando en gehelp word om beskermingsplanne op te trek. Dit gaan nie net oor wagstaan, padblokkades en patrollie-ry nie maar meestal oor beplanning, opleiding, tydsberekening, vinnige reaksie en goeie kommunikasie.

gothicтопкарго отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae