Ongeveer ‘n week na die polisie in Bloemfontein aanspraak gemaak het daarop dat misdaad vir die duur van die wêreldbeker-sokkertoernooi skerp gedaal het, is soortgelyke aansprake vir Johannesburg en Pretoria gemaak. Die interessante is dat dit nou ‘n veiligheidsmaatskappy is wat hierdie jongste aansprake maak. Misdaad is veiligheidsmaatskappye se brood en botter. In elke geval
Misdaad neem merkbaar af tydens WB
Die besturende direkteur van die veiligheidsmaatskappy ADT in Pretoria, Clive Humphrey, het Donderdag gesê geweldsmisdaad in Pretoria het oral afgeneem. Dié verskynsel is ook waarneembaar in Johannesburg. In sommige gevalle het misdaad met soveel as 70% afgeneem, berig Beeld. Humphrey sê die suide van Pretoria en Centurion is merkbaar veiliger. Die polisie het egter nog
Sorgelose aftrede op 55? Dink weer
IN dieselfde week as wat die nuwe Britse regering aangekondig het dat die amptelike aftree-ouderdom tot 66 verhoog word en later tot 70, was daar verskeie plaaslike artikels oor hoe om op 60 en selfs 55 “sorgeloos” af te tree. Eers was daar die hoofekonoom van Old Mutual se Rian le Roux wat op fin24
Chaos by Durban-lughawe ‘het vele oorsake’
Die lughawemaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het gister allerlei redes aangebied vir die chaos by die Koning Tsjaka-lughawe wat veroorsaak het dat honderde sokkergeesdriftiges die halfeindrondte van die wêreldsokkerbeker in Durban misgeloop het. ‘n Rekenaarstelsel, die weer en privaatstralers wat die parkeerruimtes beset het, is onder andere daarvoor geblameer. Die sentrale lugruimbeheereenheid, wat die beweging van
Liewer rugby
детские белые футболки без рисунка купитьданильченко юрій броніславович
Sokkereindstryd ‘n muishondparade
“‘n Muishondparade. Dit is moeilik om ‘n ander indruk te vorm teen die agtergrond van sommige van die staats- en regeringshoofde wat genooi is om die eindstryd van die sokkerbertoernooi by te woon.” Die leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP), ds. Theunis Botha, het gereageer op die nuus dat pres. Robert Mugabe en die koning
Weer praatjies oor mediatribunaal
Gedagtes oor ‘n mediatribunaal wat vanuit ANC-geledere geopper word, is nie nuut nie. Die jongste uitsprake het egter ‘n krapperigheid by wat nie geïgnoreer kan word nie. Ten eerste kom dit van ‘n sterk man in die ANC, sy sekretaris-generaal, Gwede Mantashe. Dit kom verder kort na dit bekend geword het dat mense met noue
Die Stem roep!
“Die Afrikaner-hart is seer en moeg, maar trou nog!” – Jan F.E. Celliers Hierdie woorde was amper ‘n eeu gelede geuiter deur ‘n kampvegter vir die Afrikanervolk en ons taal. Gesien in die konteks van die huidige omstandighede waarin moderne Afrikaners vandag verkeer, dien Celliers se woorde as ‘n inspirasie vir my as jong Afrikaner:
Geskenke uit Spanje vir Oranje?
Suid-Afrikaanse kinders word vertel Kersvader bring kersgeskenke van die Noordpool af. Nederlandse kinders glo Sinterklaas kom van Spanje af… Nou speel Oranje in die eindstryd teen Spanje, en Nederland sal ‘n behoorlike Piet Hein uit die hoed moet pluk om die span met kwiksilwer voetwerk te sink. Spanje het Duitsland wat sonder sy voorste angels
Nederland se goue era
In Nederland is die kleur van goud oranje. Byna letterlik, as ‘n hoogleraar se stellings waar sou wees. Dié Hoogleraar, José Bloemer van die Radboud Universiteit in Nijmegen, meen die Nederlandse ekonomie kan ‘n bykomende hupstoot van ‘n half persent kry as Nederland die sokker-wêreldbeker omhoog sou hou. Hy baseer sy mening op die aanname
