Die inwoners van Sannieshof het ‘n amptelike skrywe aan die administrateur van die Tswaing-munisipaliteit gerig waarin hy meegedeel word dat elekrisiteitsgelde voortaan direk aan Eskom oorbetaal gaan word. Alhoewel dit nie die volle bedrag van die rekening is nie sal dit Eskom verhoed om die dorp se krag af te sit. Die reaksie van beide
Obama sal internet kan afsper
President Obama sal die Internet vir ten minste vier maande sonder Kongrestoesig kan sluit indien die Senaat stem vir die berugte Internet “kill switch”-wetsontwerp, wat gister deur ‘n sleutelkomitee goedgekeur is. Die beskerming van die kuberruimte onder die Nasionale Batewet, word deur senator Joe Lieberman gedryf, en sal absolute mag aan die federale regering oorhandig
De Klerk bietjie bekommerd oor landbou
Die voormalige staatspresident F.W. de Klerk het gister gesê dat Suid-Afrika op ‘n “Zimbabwe” afstuur indien grondhervorming op dieselfde wyse as tans voortgaan. De Klerk het in Kaapstad ‘n aantal sakeleiers op Fortune, Time en CNN se wêreldforum toegespreek. Volgens die oudstaatshoof speel “ideologie” ‘n te groot rol in die landbou en kan voedselsekerheid in
Afrikaanse oeps! van Die Burger
Die korrekte Afrikaans het hierdie onderskrifskrywer van Die Burger ontglip – Stadium in plaas van stadion, en Slovakië in plaas van Slowakye. “Tweede rondte wedstryd” behoort insgelyks een woord te wees. Leuk: Sokker-geesdriftiges in oranje uniforms wag vir die WB 2010 tweede rondte wedstryd tussen Nederland en Slovakië by Moses Mabhida stadium in Durban.
Oranje-optog: Klein eindstryd Vrydag
Baie mense sou dié twee spanne graag in die eindstryd wou sien sake uitspook, maar die loting het bestem dat net en span na Vrydag nog ‘n aanspraakmaker in die wêreld-sokkertoernooi sal wees. Die Oranje van Nederland stamp Vrydag in Port Elisabeth koppe met Brasilië, nadat dié twee spanne nog ‘n stappie verder gevorder het.
Magsmisbruik kom sedert swart bewind
Die bewering dat die polisie ingespan is om opposisie elemente van die ANC-Jeugliga teen te staan tydens ‘n party-konferensie in Louis Trichardt in April, het opposisielede aan die gons Indien dié bewering waar is, kan hierdie gedrag ‘n nuwe era in Suid-Afrika se post-1994 politiek inlei, sê die SAIRA en die DA. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens
Obama fokus op begrotingstekorte
President Barack Obama het Sondag ‘n internasionale ooreenkoms deur ryk lande om hul begrotingstekorte teen 2013 met die helfte te verminder, verwelkom. “Ons kan nie almal gelyk na die uitgang haas nie,” het Obama tydens ‘n perskonferensie by die G20-leiersberaad gesê. Die beroep op leierlande vereis dat hulle hul jaarlikse begrotingstekorte op verlaag of stabiliseer
Minister wil veldskole ‘reguleer’
Die minister van tradisionale sake oorweeg tans die regulering van veldskole vir swartes ná berigte oor vele jeugdiges wat sterf nadat hulle by onwettige veldskole besny is. “Die departement het ook ‘n beleidsdokument oor die tradisionele praktyk van inisiasie wat bedoel is om tradisionele leiers verantwoordelik vir dié praktyk te maak, asook die algemene bestuur
Bejaarde ure lank gemartel
‘n Bejaarde van Koppies, Tobie Loubser (83), is met ‘n mes in sy gesig gekerf, herhaaldelik met ‘n ysterstaaf geslaan, op sy knieë rondgesleep en met ‘n elektriese kabel geskok, berig Beeld. Die ouddirekteur van Senwes, het dié aanslag oorleef. Hy is Vrydagmiddag oorval toe twee swart mans buite sy huis in die dorp op
11 Sokkerkykers sterf toe balkon meegee
Elf mense is in Matam in die noorde van Senegal dood toe die balkon waarop hulle ‘n Wêreldbeker-wedstryd gekyk het, onder hulle meegegee het. Volgens die polisie in Senekal, was die sokkergeesdriftiges besig om Saterdagmiddag se wedstryd tussen Uruguay en Korea te kyk toe die balkon ineenstort. Die moontlikheid bestaan dat daar nog mense in
