Sirië dreig om Israel aan te val as NAVO iets probeer

Die Siriese president Bashar Assad het Dinsdag gedreig om die Midde-Ooste aan die brand te steek, en veral vir Israel, as NAVO aanvalle op Sirië loods, het die Iranse Fars-nuusagentskap berig. In ‘n vergadering met die Turkse minister van buitelandse sake Ahmet Davutoglu, het die Siriese president oor die moontlikheid van ‘n NAVO-aanval gesê: “Ek

Lees verder: Sirië dreig om Israel aan te val as NAVO iets probeer

Rusland wil seksoortreders kastreer

Die chemiese kastrasie van kindermolesteerders sal binnekort waarskynlik in Rusland toegepas word. President Dmitri Medwedef het dié omstrede maatreël in Mei vanjaar voorgestel. Russiese wetmakers het intussen die wetsontwerp, wat reeds ondersteuning in die Kremlin geniet, ook goedgekeur. Die wetsontwerp sal nog twee keer voor die parlement dien voor parlementslede daaroor stem. Die wetsontwerp sal net

Lees verder: Rusland wil seksoortreders kastreer

Gesin uitgewis in moordlustige bloedfees

‘n Swartman is Maandag in hegtenis geneem vir die moord op ‘n egpaar en hul tienerseun, in De Deur, suid van Johannesburg, het die polisie in Gauteng gesê. Die 20-jarige man, wat die seun van die gesin se huishulp is, is in hegtenis geneem by ‘n nabygeleë erf, sê brigadier Anton du Bruyn. Al die

Lees verder: Gesin uitgewis in moordlustige bloedfees

Drakoniese protokol verbied joernaliste by Parlement

“Die sekretaris van die Parlement, Zingile Dingani, se poging om die akkreditasie van ‘n joernalis, Deon de Lange, op te skort omdat hy met ‘n parlementêre amptenaar gepraat het, bedreig persvryheid en ook een van die hoekstene van ‘n verteenwoordigende demokrasie. Om verder ‘n protokol vir die media op te stel wat joernaliste sal verbied

Lees verder: Drakoniese protokol verbied joernaliste by Parlement

Privaatveiligheid bedreig staat

Staatsveiligheid word bedreig, sê Thula Bopela, Psira se raadsvoorsitter. Psira is die reguleringsowerheid vir die privaatveiligheidsbedryf. Bopela meen die gebrek aan geld en personeel om dié bedryf met sy 8 828 maatskappye en 411 000 aktiewe veiligheidswagte behoorlik te reguleer, hou ‘n gevaar vir Suid-Afrikaanse burgers in. Die verslag vir die 2010-’11-boekjaar is Maandag in die

Lees verder: Privaatveiligheid bedreig staat

China is besig om SA oor te neem

Onlangs het Wes-Transvaal se premier, Thandi Modise, in teenwoordigheid van ‘n handelsafvaardiging uit die provinsie Henan in China, ‘n beroep op China gedoen om meer bondgenootskappe met Suid-Afrika aan te gaan en om meer geld in Suid-Afrika te belê. In haar toespraak het sy onder meer na die Provinsie se minerale rykdom, goeie landbou-opbrengste en

Lees verder: China is besig om SA oor te neem

Zuma is ‘n etniese president

“President Zuma se gewildheidvlakke in metro-gebiede, soos gemeet in September, wys ‘n lang, stadige algehele daling sedert die hoogtepunte van November 2009,” het TNS se Neil Higgs gesê. Die TNS-meningsopname toon verder dat die mees merkbare afname in die goedkeuring van twee kategorieë van Suid-Afrikaners kom, naamlik kleurlinge en Indiërs. Die Indiër-etniese kombers dek dikwels

Lees verder: Zuma is ‘n etniese president

9/11 sal VSA nie weer tref

Barack Obama het gesê dit sal “baie moeilik” wees vir Al-Kaida om binne die volgende paar jaar ‘n grootskaalse terreuraanval op Amerika te loods. Hy het spesifiek verwys na die aanvalle van 11 September 2001 en gesê dat Al-Kaida nie sommer ‘n aanval van dié skaal maklik sal kan herhaal nie. “Dit gaan vir hulle

Lees verder: 9/11 sal VSA nie weer tref