Barack Obama het gesê dit sal “baie moeilik” wees vir Al-Kaida om binne die volgende paar jaar ‘n grootskaalse terreuraanval op Amerika te loods.
Hy het spesifiek verwys na die aanvalle van 11 September 2001 en gesê dat Al-Kaida nie sommer ‘n aanval van dié skaal maklik sal kan herhaal nie.
“Dit gaan vir hulle baie moeilik wees om so ‘n grootskaalse aanval soos ons op 9/11 ervaar het, te herhaal,” het Obama tydens ‘n onderhoud met Yahoo.com en ABC News gesê.
Hy het egter bygevoeg dat dié militante groep steeds gevaarlik bly.
