AWB-lede aangekeer onderweg na De Doorns

Beeld berig dat sewe lede van die AWB gister onderweg na De Doorns in hegtenis geneem is. Hulle het ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie in hul besit gehad. Die sewe mans, onder wie Johann Spies, die AWB se Wes-Kaapse kommandoleier, is na verneem word na verskeie polisiekantore gebring, vergesel deur die Valke, het ‘n bron

Lees verder: AWB-lede aangekeer onderweg na De Doorns

Mynopstande ‘apartheid se skuld’

Die geweld wat vanjaar die myne getref het is ‘n gevolg van apartheid, het die uitgaande uitvoerende hoof van Anglo American, Cynthia Carroll, Dinsdag gesê. “Die geweld wat ons vanjaar in die mynsektor gesien het, het sy wortel in die nalatenskap van apartheid en die onderliggende sosiale probleme wat steeds met ons bly,” het sy

Lees verder: Mynopstande ‘apartheid se skuld’

Orania, Xhosas teken samewerkingsooreenkoms

Die Afrikanergemeenskap Orania en die Oos-Kaapse Xhosa-gemeenskap Mnyameni onderteken volgende Dinsdag (11 Desember) ‘n samewerkingsooreenkoms wat die weg sal baan vir groter samewerking tussen Suid-Afrikaanse gemeenskappe wat graag meer selfstandig wil funksioneer. Orania het reeds die afgelope 21 jaar met talle ander gemeenskappe in Suid-Afrika geskakel en hierdie ondertekening is ‘n volgende stap in die

Lees verder: Orania, Xhosas teken samewerkingsooreenkoms

Genève: Mosie oor minderheidsdiskriminasie in SA

Die Unrepresented Nations and Peoples Organization (UNPO) se kongres het in Genève eenparig ‘n mosie aanvaar waarin hulle hul besorgdheid oor diskriminasie in Suid-Afrika teen minderheidsgroepe uitgespreek het. Die mosie is voorgestel en gemotiveer deur dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier. Die mosie het ook aanbeveel dat ‘n versoek aan die VN se sekretaris-generaal gerig word

Lees verder: Genève: Mosie oor minderheidsdiskriminasie in SA

Raaisel van die vermiste eiland

‘n Navorser van Nieu-Seeland het Maandag gesê dat hy die raaisel van ‘n “eiland” in die suidelike Stille Oseaan wat op kaarte opduik, maar wat nie bestaan nie, glo opgelos het. Shaun Higgins beweer ‘n walvisjagskip het die eiland in 1876 per abuis op ‘n kaart aangebring. Die “eiland”, wat veronderstel is om in die

Lees verder: Raaisel van die vermiste eiland

Griekse premiersmoeder rol in die geld

De moeder van de voormalige Griekse premier George Papandreou heeft wel een heel riant appeltje voor de dorst. De 89-jarige Margaret Papandreou zou op een lijst van Grieken met een Zwitserse bankrekening voorkomen. Een rekening met daarop een bedrag van €550 miljoen zou op haar naam staan. Volgens twee Griekse kranten zou Margaret Papandreou zijn

Lees verder: Griekse premiersmoeder rol in die geld

Jakes Gerwel in perspektief

Die afsterwe van Jakes Gerwel het aan al die gebruiklike verdagtes ‘n gulde geleentheid gebied om propaganda teen apartheid, maar eintlik teen blankes en veral Afrikaners, te maak. Publikasiegeleentheid vir so iets is mildelik in die pers en uitsaaimedia toegestaan. Ordentlikheidshalwe kan kommentaar kort na die dood van iemand ‘n mate van toeskietlikheid openbaar, maar

Lees verder: Jakes Gerwel in perspektief

DA se verkiesingsveldtog skop af

Helen Zille, DA-leier, en Lindiwe Mazibuko, parlementêre leier van die party,  se verkiesingsveldtog het afgeskop met die pantomime Jack and the Beanstalk in die Joburg-teater. Dr. Dion George, DA-LP, het gesê Zille en Mazibuko se verhoogdebuut was deel van ‘n DA-geldinsameling vir die party se 2014-verkiesingsveldtog. Volgens George het hulle R214 000 betaal om al

Lees verder: DA se verkiesingsveldtog skop af

Persklub verwerp Staatsinligtingswet

Die Nasionale Persklub het ‘n beroep op die Nasionale Vergadering gedoen om die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting te verwerp. Die klub se voorsitter, Antoinette Slabbert sê hulle verwelkom die aanpassings wat gemaak is, maar die aangepaste weergawe bevat steeds ‘n dreigement van tronkstraf van soveel as 25 jaar. Sy sê die staat

Lees verder: Persklub verwerp Staatsinligtingswet