Die Tshwane Metropolisie het beweringe ontken dat die uitvoerende burgemeesteres, Gwen Ramokgopa, se dogter voorkeurbehandeling ontvang het nadat sy gearresteer is tydens 'n dwelmklopjag by haar skool. Kommissaris Mpho Mmutle, die strategiese uitvoerende direkteur van die munisipaliteit se gemeenskapsveiligheidsdepartement het oor die naweek gesê dit is onwaar dat Ramokgopa se kind toegelaat is om die
Lees verder: Burgemeesteres se dogter kry nie voorkeurbehandeling nie, s? Metropolisie

Ek kan nou al van julle hoor: “Aggenee net nie opstelle nie”. Komaan, om ’n opstel te skryf is nie so sleg nie. Die skryf van opstelle is wel nie lekker wanneer julle nie verstaan wat van julle verwag word en wanneer opstelle net vir die onderwyser geskryf word en nie vir julself nie. Wanneer julle iets vir julself doen, doen julle gewoonlik meer moeite daarmee. Die volgende stelling: “Wat geskryf is sonder moeite is gewoonlik leeswerk sonder plesier”, is hier van toepassing – wanneer die onderwyser opstelle moet lees waarin gesien kan word dat min of geen moeite gedoen is nie, hoe kan julle verwag om goeie punte daarvoor te kry?