EU lig sanksies teen ‘voorbeeldige’ Mugabe

Die Europese Unie (EU) het die meeste sanksies teen Zimbabwe opgehef as beloning vir die vreedsame referendum vroeër die maand. Volgens RSG is pres. Robert Mugabe en sy vrou egter steeds op die sanksielys saam met amptenare van die land se weermag. Die EU het gesê die opheffings dui op ‘n grootskaalse skuif in sy

Lees verder: EU lig sanksies teen ‘voorbeeldige’ Mugabe

Indiese politieke leier sterf in sluipmoord

‘n Leier van ‘n politieke party is Dinsdag by sy huis in die Indiese hoofstad Nieu-Delhi doodgeskiet, het die polisie gesê. Deepak Bhardwaj, van die Bahujan Samaj Party, ‘n groot party wat aktief is in die land se mees dig bevolkte staat, Uttar Pradesh, is by sy plaashuis deur drie ongeïdentifiseerde mans vermoor. Die 61-jarige,

Lees verder: Indiese politieke leier sterf in sluipmoord

Franse lei SA glo in ‘n lokval in SAR

Suid-Afrikaanse soldate wat betrokke was in die die stryd wat 13 ure geduur het in die Sentraal-Afrikaanse Republiek en waarin 13 van hulle gesneuwel het, sê hul missie het niks met “opleiding” te make gehad nie. Daar word bespiegel dat die Franse weermag die Suid-Afrikaners gebruik het as lokaas om hul eie doelwitte in die

Lees verder: Franse lei SA glo in ‘n lokval in SAR

Brics-spitsberaad skop in Durban af

President Jacob Zuma het die belangrikheid van Suid-Afrika se betrekkinge met China benadruk voor president Xi Jinping se besoek aan die Uniegebou in Pretoria. Die nuutverkose Chinese staatshoof is in die land vir die BRICS-beraad wat vandag in Durban begin. Die twee leiers sal na verwagting verskeie ooreenkomste onderteken. Zuma sal vanmiddag ook president Vladimir

Lees verder: Brics-spitsberaad skop in Durban af

Druk op Zuma om soldate terug te bring

Versoeke is aan die toeneem dat die oorblywende Suid-Afrikaanse soldate in die Sentraal Afrikaanse Republiek na Suid-Afrika terugkeer. Die hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi, sê soldate behoort ontplooi te word as deel van ‘n Afrika Unie-mandaat en hulle het ‘n president beskerm wat uit die land gevlug het. Die Vryheidsfront Plus en die Suid-Afrikaanse Nasionale

Lees verder: Druk op Zuma om soldate terug te bring

SAR-rebelle vra om verskoning vir aanval op SA’ners

Al die Suid-Afrikaanse soldate wat in die Sentraal-Afrikaanse Republiek gewond is, is na die 1 Militêre Hospitaal in Pretoria geneem, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gesê. Die soldate wat slegs geringe beserings opgedoen het, is op die toneel behandel en kan aangaan met hul verpligtinge. Die weermaghoof, genl. Solly Shoke, het gesê die res van

Lees verder: SAR-rebelle vra om verskoning vir aanval op SA’ners

Regering skuldig aan dood van soldate in die SAR

Die Suid-Afrikaanse regering moet volle verantwoordelik aanvaar vir die doodskiet van dertien van sy soldate in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR). Nog 27 soldate is gewond terwyl een vermis word. Mnr. Pieter Groenewald, die Vryheidsfront Plus se woordvoerder oor verdediging, sê die regering het die SA Nasionale Weermag oor die afgelope dekade ‘toenemend verwaarloos’ deur nie

Lees verder: Regering skuldig aan dood van soldate in die SAR

Agang mik vir wit boere

By die opening van die Land Divided 2013-konferensie by die Universiteit van Kaapstad (UK) Sondag, het Mamphela Ramphele gesê die land is armer want Suid-Afrika verloor kommerwekkend baie van sy kommersiële boere na lande na die noorde van ons. Vyftien jaar gelede was daar 100 000 kommersiële boere in Suid-Afrika, vandag was daar 36 000.

Lees verder: Agang mik vir wit boere

Medupi-kontrakteurs dalk uit

Die kragreus Eskom oorweeg om die hoofkontrakteurs by die Medupi- en Kusile-kragstasies af te dank oor substandaard werk en vertragings, het Brian Dames, uitvoerende hoof, aan Business Report gesê. “Ek kan jou verseker dat ons oorweeg het om hul kontrakte te kanselleer,” het Dames gesê. “Ek het my span 18 maande gelede – toe ons

Lees verder: Medupi-kontrakteurs dalk uit

SANW bevestig onbekende aantal SAR-sterftes

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het Sondag gesê Suid-Afrikaanse soldate is dood en beseer in gevegte in die land. Die weermag kon egter nie sê hoeveel mense dood en beseer is nie. Brig. genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die SANW, het gesê die situasie in die land was Sondagmiddag kalm en dat die lewens van die

Lees verder: SANW bevestig onbekende aantal SAR-sterftes