Rowers het weggekom met 'n onbekende bedrag geld nadat hulle Vrydagoggend ingebreek het by 'n Sparsupermark in Fourways, het die Johannesburgse polisie gesê. Kaptein Douglas Trollip het gesê drie mans, waarvan twee met pistole gewapen was, het die veiligheidswagte aangehou by die Spar in Kingfisherstraat en hulle vasgebind met skoenveters en maskeerband. "Een van die
Australiese polisie skiet ‘n 15-jarige dood
Australiese polisie aan die werk Polisie in Melbourne, Australië, het 'n 15-jarige seun doodgeskiet in 'n skaatspark nadat beamptes gesê het dat hy hulle met messe gedreig het. Polisie het gesê die tiener, Tyler Cassidy van Melbourne, het aangehou om hulle te dreig, selfs nadat hulle waarskuwingskote geskiet het en hom met pepersproei bespuit het.
Jong swarte in hof oor huisroof
'n 24-jarige man wat gevang is toe hy oor die heiningmuur van die huis wat hy na bewering beroof het, gespring het sal na verwagting Vrydag in die Edenvalese landdroshof verskyn, het Ekhuruleni-metropolisie gesê. Inspekteur Mveli Nhlapo het gesê beamptes het Donderdag die man oor die muur sien spring met die gesteelde goedere. Daar was
Pretoriase hof lewer vandag uitspraak oor KVP se naam
Die Pretoriase hof sal na verwagting vandag uitspraak lewer of voormalige ANC voorsitter Terror Lekota se nuwe party homself KVP mag noem, het die SAUK berig. Uitspraak word teen 11:30 verwag. Die regerende ANC het die naam van die wegbreek party teengestaan in die hof voor 'n volle regbank wat ook regterpresident Bernard Ngoepe ingesluit
Lees verder: Pretoriase hof lewer vandag uitspraak oor KVP se naam
Amerikaanse motorreddingsplan sneuwel in Senaat
Senaatwetgewers het gisteraand nie kon ooreenstem oor 'n hulppakket vir die sukkelende Amerikaanse motorvervaardigers nie, iets wat die Demokrate gewaarsku het miljoene mense se werk in gevaar kan stel.
Gesprekke oor die $14-miljard pakket wat gesteun word deur Demokrate en die Withuis het 'n dooiepunt bereik nadat die senaat se Republikeine vasgestaan het by hulle eis dat die Amerikaanse salarisse vinnig in lyn gebring word met dít wat deur buitelandse motorvervaardigers betaal word.
"Ek sidder as ek na Wallstraat moet kyk môre. Dit gaan nie 'n mooi prentjie wees nie," het Demokratiese senaatleier Harry Reid gesê nadat Wallstraataandele gedaal het in afwagting van die nuus.
Demokratiese senatore, wat bekommerd is oor nog verminderings van poste het voorberei om die Withuis te versoek om geld van die $700 miljard-Wallstraathulppakket los te maak vir die motorvervaardigers.
"Miljoene Amerikaners, nie net motorvervaardigers nie, maar ook mense wat motors verkoop en dié wat aan motors werk, gaan nou direk geraak word," het Reid gesê.
"Ek hoop dat die president wat so goed met ons saamgewerk het die laaste paar weke aan die wetgewing nou sal ooorweeg om die noodfondsgeld te gebruik om die motornywerheid en die werkers van die land te help."
Reid het verwys na die geld in die $700-miljardhulppakket vir finansiële instellings waarop vroeër vanjaar besluit is.
Die Demokrate wil deel van die fondse hê om die motornywerheid by te staan en president Bush se administrasie het geweier.

Lees verder: Amerikaanse motorreddingsplan sneuwel in Senaat
DA glimlag oor Wes-Kaapse uitslae
Die nuutgestigte KVP (Kongres van die Proletariaat) het sy eerste openbare verteenwoordigers gekry, maar dit was die DA wat uit Woensdag se tussenverkiesings met 'n breë glimlag getree het. In die Weskaap, waar die ANC se houvas op gesag maar swak is, het die DA 9 van die 18 wyke gewen wat voorheen deur die
Johannesburgse vulstasie twee keer binne ‘n week beroof
'n Motorhawe in Fourways is vandeesweek twee keer beroof, het Honeydew-polisie Donderdag gesê. Kaptein Douglas Trollip het gesê die jongste insident het Donderdagmiddag omstreeks 15:00 gebeur toe twee mans R500 uit die kasregister gehaal het by die vulstasie in William Nicolrylaan. "Hulle het in die vulstasie ingeloop en een man het 'n vuurwapen op die
Lees verder: Johannesburgse vulstasie twee keer binne ‘n week beroof
VSA waarsku oor verslegtende cholera-epidemie in Zimbabwe
Die Verenigde State het Donderdag gewaarsku dat die cholera-epidemie in Zimbabwe erger word en aangekondig dat miljoene dollar bestee gaan word om die siekte te beveg. Amerikaanse amptenare het 'n stelling deur president Robert Mugabe dat die epidemie oor is, verwerp. Die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling het aangekondig dat hulle $6,2 miljoen gaan uitgee
Lees verder: VSA waarsku oor verslegtende cholera-epidemie in Zimbabwe
Jong kommuniste wil jeug in uniform sien
Militêre diens kan binnekort terug wees indien die jong kommuniste hulle sin kry. Die kommunistiese jeugliga het die weermag gevra om hulle deure oop te maak om aan jongmense werksgeleenthede te kan gee en om voor te berei indien die land enige dade van aggressie moet weerstaan, maar het geweier om dit militêre diensplig te
Reddingsboei vir VSA motorvervaardigers onder skoot
'n Wetsontwerp om $14-miljard in lenings aan Amerikaanse motorvervaardigers is deur die Huis van Verteenwoordigers aanvaar, maar die vooruitsigte vir dié pakket bly onseker vanweë Republikeinse teenkanting in die Senaat.

Lees verder: Reddingsboei vir VSA motorvervaardigers onder skoot