Johannesburgse vulstasie twee keer binne ‘n week beroof

Image'n Motorhawe in Fourways is vandeesweek twee keer beroof, het Honeydew-polisie Donderdag gesê.

Kaptein Douglas Trollip het gesê die jongste insident het Donderdagmiddag omstreeks 15:00 gebeur toe twee mans R500 uit die kasregister gehaal het by die vulstasie in William Nicolrylaan.

"Hulle het in die vulstasie ingeloop en een man het 'n vuurwapen op die kassier gerig terwyl 'n ander man die geld uit die kasregister gehaal het," het Trollip gesê.

Die twee mans het te voet gevlug van die toneel af en niemand is gearresteer nie.

Maandag is dieselfde vulstasie deur twee mans beroof wat 'n onbekende hoeveelheid geld gesteel het uit die kasregister en ook een van die kassiere se selfoon gevat het.  

медицинская карта форма № 026Александр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae