Reddingsboei vir VSA motorvervaardigers onder skoot

'n Wetsontwerp om $14-miljard in lenings aan Amerikaanse motorvervaardigers is deur die Huis van Verteenwoordigers aanvaar, maar die vooruitsigte vir dié pakket bly onseker vanweë Republikeinse teenkanting in die Senaat.

Die Republikeine is ontevrede met flou-makou President George W. Bush rakende die voorstel en betoog dat enige ondersteuning vir die plaaslike motorindustrie aansienlike toegewings deur werkers en krediteure moet insluit en ook die strenger omgewingsreëls wat deur die Huis Demokrate opgedwing is, verwerp.

Die Huis het die plan laat gistermiddag met 'n stem van 237-170 goedgekeur. Volgens die plan sal geld binne dae in die koffers van 'n kontantgestremde General Motors Korporasie en Chrysler gestort word. Ford Motormaatskappy sê hulle het genoeg geld om hulle deur 2009 te sien, maar sal ook kwalifiseer vir federale hulp.

Ondersteuners haal somber waarskuwings deur GM en Chrysler bestuurslede aan wat sê hulle gaan binne weke algeheel sonder kontant wees en dat daar werklike vrese bestaan dat die vervaardigers in duie sal stort. Dit sal tienduisende werke uitwis en 'n skok wees vir 'n ekonomie wat reeds wankelrig is.

Demokrate en die Bush Withuis het gehoop die Senaat sal reeds teen vandag oor die wetgewing gestem het. Maar gebaseer op besorgdhede wat deur Republikeinse senators geopper is – en 'n steeds onduidelike vlak van ondersteuning, selfs onder Demokrate – is dit duidelik dat daar nog baie werk vir hulle wag voordat dit kan gebeur.

цена харьковДанильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae