Jong swarte in hof oor huisroof

Image'n 24-jarige man wat gevang is toe hy oor die heiningmuur van die huis wat hy na bewering beroof het, gespring het sal na verwagting Vrydag in die Edenvalese landdroshof verskyn, het Ekhuruleni-metropolisie gesê.

Inspekteur Mveli Nhlapo het gesê beamptes het Donderdag die man oor die muur sien spring met die gesteelde goedere.

Daar was onder andere 'n Rolex-horlosie, juweliersware, kameras, selfone en huishoudelike toestelle.

"Die verdagte het ook 'n vuurwapen aan hom gehad, waarvan die reeksnommers afgevyl is, en ammunisie," het Nhlapo gesê.

Die man gaan aangekla word van huisbraak, besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en die besit van 'n vermoedelik gesteelde voertuig, het hy gesê.

Die man se medepligtiges is steeds op vrye voet nadat hulle weggekom het van die polisie af.

"Die verdagte het die polisie na 14de laan in Alexandra geneem in 'n poging om aan hulle te wys waar sy medepligtiges was, maar hulle het net die wegkomvoertuig daar gevind," het hy gesê.

компрессор для пескоструйного аппаратаДанильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae