DA glimlag oor Wes-Kaapse uitslae

Die nuutgestigte KVP (Kongres van die Proletariaat) het sy eerste openbare verteenwoordigers gekry, maar dit was die DA wat uit Woensdag se tussenverkiesings met 'n breë glimlag getree het.

In die Weskaap, waar die ANC se houvas op gesag maar swak is, het die DA 9 van die 18 wyke gewen wat voorheen deur die regerende party gehou was. Vier van die 9 is deur beide die ANC en die KVP betwis.

"Daar is 'n eenvoudige boodskap uit gister se tussenverkiesingsin die Wes-Kaap…dat die DA op pad is om die provinsie te wen," het die party se uitvoerende hoof Ryan Coetzee gesê.

Hy het gesê dat indien die DA nie volgende jaar 'n volstrekte meerderheid behaal nie, dit sekerlik op pad was om die grootste party in die Weskaap te word.

Die ANC het gesê dat hulle tevrede is met die oorwinnings elders in die land, maar dat die Weskaap 'n wesentlike uitdaging is vir die party.

Die ANC se Weskaapse voorsitter, Mcebisisi Skwatsha het gesê die party gaan die konstitusionele hof vra om die uitslae nietig te verklaar in die wyke waar die onafhanklike verkiesingskommissie baie kandidate afgekeer het wat nie betyds geregistreer het nie.      
абразивный инструмент для шиноремонтаФильчаков прокуратура харьков