Ná 1700 het trekboere in twee rigtings begin uitbrei — noord- en ooswaarts. Tot byna die end van die jare dertig het die trekkers voortbeweeg tussen die kusstrook en die berge wat parallel met die kus loop. Kort voor 1730 het albei hooftrekke op ernstige hindernisse gestuit. In die noordweste was dit 'n dorre woestynagtige streek wat swak voorsien was van standhoudende water, en in die ooste op digte woude. Teen 1730 het die boere oor die berge begin trek, en in die 1740erjare het die noordwaartse stroom oos geswenk en omstreeks 1770 die Visrivier bereik.

Die meeste Afrikaners is met reg geskok deur Robert Mugabe se optrede teen die blanke boere van Zimbabwe wat die land in ʼn ekonomiese krisis van ongekende omvang gedompel het.