Israelse vegvliegtuie President Obama se gesant vir die Midde-Ooste het Woensdag probeer om die 10-dae lange skietstilstand tussen Gasa en Israel te red wat nou in die gedrang is ná 'n Palestynse bom 'n Israelse soldaat doodgemaak het. Israelse oorlogsvliegtuie bombardeer nou die tonnels waardeur baie smokkelware in Gasa ingebring word. Die Israelse kabinet het
Bontpratery oor sportregulasies veroorsaak chaos
Die chaos wat veroorsaak is deur gemengde boodskappe oor die omstrede sportregulasies waaroor vandag berig is, is die resultaat van die ANC se bontpratery oor sport. Die VF Plus-woordvoerder, Willie Spies, het gereageer op die herrie wat losgebars het nadat die adjunkminister van sport, mnr. Gert Oosthuizen, verkeerdelik te kenne gegee het dat die regering
Lees verder: Bontpratery oor sportregulasies veroorsaak chaos
Barack Obama se gewildheid daal met 15% binne ‘n week
Barack Obama Barack Obama mag in die ovaalkantoor gewees het vir minder as 'n week, maar die euforie het reeds begin afneem. Die nuwe president se gewildheid het afgeneem van 'n geweldige 83% na 'n meer gematigde, maar steeds indrukwekkende 68%. Washington-ontleders het gesê die omvang van die daling in die Gallup-opname toon die groot
Lees verder: Barack Obama se gewildheid daal met 15% binne ‘n week
Swaardmoordenaar in hof op Krugersdorp
Die beweerde swaardmoordenaar, Morne Harmse het Woensdag in die Krugersdorpse landdroshof verskyn. Die akte van beskuldiging is aan hom oorhandig, terwyl hy dit sonder emosie ontvang het. Harmse, wat klaarblyklik 'n samoerai-swaard gehad het en 'n masker gedra het, staan daarvan beskuldig dat hy die 16-jarige Jacques Pestorius vermoor het by die Nic Diederichs Tegniese
Metrorail-passasierstrein van spore af
'n Metrorail-passasierstrein het ontspoor na dit gebots het met 'n stopblok by die Naledi-werf in Soweto, het die maatskappy Woensdag gesê. Metrorail woordvoerder, Sibusiso Ngomane het gesê daar was geen beserings of sterfgevalle as gevolg van die ongeluk nie. Die ontsporing het omtrent 18:00 gebeur Dinsdagaand, toe die trein na die werf onderweg was. Nooddienste
Regering trek omstrede sportwetgewing terug
Die regering het 'n omstrede sportregulasie, wat aan die minister van sport, Makhenkesi Stofile, die mag sou gee om spanne te kan kies, teruggetrek, het Beeld Woensdag berig. "Die regulasie sou effektief aan Stofile die mag gee om te kan sê wie as losskakel vir die Springbokke sou speel, of wie die openingsbouler sou wees
Drie ontsnapte gevangenes doodgeskiet in Ooskaap
Drie ontsnapte gevangenes in die Oos-Kaap is deur die polisie opgespoor en doodgeskiet, terwyl een gevangene steeds op vrye voet verkeer, het die polisie Woensdag gesê. 'n Woordvoerder, superintendent Mzukisi Fatyela, het gesê drie van die mans wat Vrydag uit aanhouding ontsnap het, is opgespoor ná die polisie 'n wenk ontvang het dat die mans
Lees verder: Drie ontsnapte gevangenes doodgeskiet in Ooskaap
Sexwale se heksery-kommentaar ‘verkeerd vertaal’
Tokyo Sexwale Tokyo Sexwale se heksery-kommentaar, wat bytende kritiek van die KVP uitgelok het, is verdraai deur die vertaling na Engels, het hy Dinsdag aan SAfm gesê. "Ek staan by die volgende… jy moet verstaan dat dit 'n geval is waar die betekenis deur vertaling verlore raak," het die ANK-NUK-lid aan die radiostasie gesê. "Ons
Lees verder: Sexwale se heksery-kommentaar ‘verkeerd vertaal’
Politieke partye ding mee in tussenverkiesings
Politieke partye in die Vrystaat en Noord-Kaap wat deelneem aan die munisipale tussenverkiesing in 19 wyke was almal Dinsdag vol vertroue rondom die sukses van hulle partye. Meeste van die vakante wyke waarvoor daar gestem gaan word, was ANK-wyke waarvan die posisies oopgegaan het ná die raadslede bedank het. 'n KVP-woordvoerder in die Noord-Kaap, Fizile
Mtethwa bekommerd oor KZN-intimidasie
Nathi Mthethwa Die minister van veiligheid en sekuriteit, Nathi Mthethwa, is bekommerd oor de hoeveelheid intimidasievoorvalle in KwaZulu-Natal gedurende die tyd voor die komende verkiesings, het die SAUK-nuus Dinsdag gesê. "Dit is 'n baie moeilike taak…vir die polisie is dit 'n roeping… ook nie 'n maklike roeping nie… daar is rou elemente in die samelewing
