Drie ontsnapte gevangenes doodgeskiet in Ooskaap

Drie ontsnapte gevangenes in die Oos-Kaap is deur die polisie opgespoor en doodgeskiet, terwyl een gevangene steeds op vrye voet verkeer, het die polisie Woensdag gesê.

'n Woordvoerder, superintendent Mzukisi Fatyela, het gesê drie van die mans wat Vrydag uit aanhouding ontsnap het, is opgespoor ná die polisie 'n wenk ontvang het dat die mans dalk in Ngcobo weggekruip het.

Die vier was verhoorafwagtend vir misdade wat gewissel het van gewapende roof tot moord toe hulle Vrydagmiddag uit aanhouding ontsnap het. Ten tyde van die ontsnapping was die polisie besig om hulle te vervoer van van die Elliotdalehof, nie ver van Mthatha nie, na die Wellingtongevangenis.

Die polisie het Dinsdagmiddag na die drie mans se beweerde wegkruipplek in Ngcobo gegaan. Toe die polisie nadergegaan het, het die gevangenes op hulle begin skiet, waarna die polisie teruggeskiet het.

Die drie mans is doodgeskiet. Die polisie het twee gesteelde R-5-gewere wat teruggevind, asook 'n gesteelde Nissan Sentra.

Fatyela het gesê die polisie glo dat die vierde gevangene in Mthatha wegkruip en verwag om hom binnekort te arresteer. 

ударный гайковертлобановский харьков