Mtethwa bekommerd oor KZN-intimidasie

Image

Nathi Mthethwa

Die minister van veiligheid en sekuriteit, Nathi Mthethwa, is bekommerd oor de hoeveelheid intimidasievoorvalle in KwaZulu-Natal gedurende die tyd voor die komende verkiesings, het die SAUK-nuus Dinsdag gesê.

"Dit is 'n baie moeilike taak…vir die polisie is dit 'n roeping… ook nie 'n maklike roeping nie… daar is rou elemente in die samelewing en so aan… soos ons sê, ons werk daaraan," het hy gesê.

Hy het duisende mense toegespreek by die nasionale polisiedagvieringe in Lindelani, Durban-Noord.

Die hoofdoel van die dag is om polisiemanne te vereer wat in die uitvoering van hul taak gesneuwel het.

Die polisie is besig om ernstige misdade te ondersoek, insluitend moord en intimidasie, voor die komende verkiesings, het Mthethwa gesê.

лего стар ворсдепутат лобановский