Politieke partye ding mee in tussenverkiesings

Politieke partye in die Vrystaat en Noord-Kaap wat deelneem aan die munisipale tussenverkiesing in 19 wyke was almal Dinsdag vol vertroue rondom die sukses van hulle partye.

Meeste van die vakante wyke waarvoor daar gestem gaan word, was ANK-wyke waarvan die posisies oopgegaan het ná die raadslede bedank het.

'n KVP-woordvoerder in die Noord-Kaap, Fizile Kies, het gesê die party sal in al die wyke deelneem.

"Ons sal in al die wyke deelneem. Ons is absoluut gereed; ons het nie opgehou om te werk sedert die nasionale konvensie nie."

Kies het gesê dat die KVP "net kan wen" in die rondte en dat die ANK sal verloor.

'n Noord-Kaapse woordvoerder vir die ANK, Monwabisi Nkompela, het gesê sy party was ook "heeltemal gereed" vir die tussenverkiesing.

"Ons nasionale en provinsiale leierskap is oor die hele provinsie ontplooi."

Johnny Gunda, woordvoerder vir die Onafhanklike Demokrate in die Siyanda- (Upington)- streek het gesê die politieke situasie het verander in die streek en die Onafhanklike Demokrate staan 'n goeie kans om te wen. 

86 улобановский класс харьков

Maak 'n opvolg-bydrae