Sexwale se heksery-kommentaar ‘verkeerd vertaal’

Image

Tokyo Sexwale

Tokyo Sexwale se heksery-kommentaar, wat bytende kritiek van die KVP uitgelok het, is verdraai deur die vertaling na Engels, het hy Dinsdag aan SAfm gesê.

"Ek staan by die volgende… jy moet verstaan dat dit 'n geval is waar die betekenis deur vertaling verlore raak," het die ANK-NUK-lid aan die radiostasie gesê.

"Ons praat ryk Afrikatale, myne, Sepedi, Sesotho, Xhosa. En daar sal altyd die gevaar wees… om te poog om politieke munt te slaan, om die baie ryk uitdrukkings van 'n Afrikataal in 'n soort van kombuis-Engels te vertaal."

"Ons kan nie so praat nie. Indien ek nou 'n beroep sou doen en die woord "takhati" (iets soos 'n heks/heksery/toorkuns) gebruik, wil hulle kom sê dit is heksery."

"Nee, dit is verkeerd. Julle verwring my mense," het Sexwale gesê in reaksie op die vraag oor presies wat hy Saterdag by die saamtrek gesê het.

Sy kommentaar het 'n aanval van die KVP uitgelok, wat ook 'n klag by die Kommissie vir Geslagsgelykheid gelê het, ná hy aangehaal is dat hy gesê het dat die nuutgevormde party "ou vroue op televisie paradeer, en hulle gebruik vir heksery om ondersteuning te verkry".

free casino appФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae