Metrorail-passasierstrein van spore af

'n Metrorail-passasierstrein het ontspoor na dit gebots het met 'n stopblok by die Naledi-werf in Soweto, het die maatskappy Woensdag gesê.

Metrorail woordvoerder, Sibusiso Ngomane het gesê daar was geen beserings of sterfgevalle as gevolg van die ongeluk nie. Die ontsporing het omtrent 18:00 gebeur Dinsdagaand, toe die trein na die werf onderweg was.

Nooddienste en Metrorail-ingenieursspanne en tegniese spanne het onmiddellik gereageer.

Die drywer is van die ongelukstoneel na 'n Metrorail-mediesefasiliteit in Braamfontein geneem om vir skok behandel te word.

Metrorail het ook aangebied om Naledi-inwoners wat naby die spoorwegwerf bly te help wat dalk aan skok mag lei as gevolg van die ontsporing.

песок для пескоструяалександр лобановский харьков класс