Geweld by Carolina: 25 vas

Vyf-en-twintig mense is Donderdag in hegtenis geneem toe ‘n betoging gewelddadig geraak het in die Selobelo-township naby Carolina, het die polisie in Mpumalanga gesê. Volgens lt. kol. Leonard Hlathi het die betoging Donderdagoggend begin. Die mense wat in hegtenis geneem is, is meestal skoolkinders. “Ses polisiebeamptes is beseer toe betogers hulle met klippe bestook het

Lees verder: Geweld by Carolina: 25 vas

Amerikaners wil dagga wettig

Meer as 50% Amerikaners is nou ten gunste daarvan dat marijuana (dagga in ons taal) gewettig word op dieselfde basis as drank en sigarette, aldus ‘n mensingspeiling wat pas daar gedoen is. Rasmussen opnames wat as ‘n betroubare meningspeiling beskou word, berig dat in ‘n opname wat onder voornemende kiesers in die VSA gehou is,

Lees verder: Amerikaners wil dagga wettig

Spaanse bank volg Griekse voorbeeld

En nou is daar gerugte dat klante van ‘n groot Spaanse bank ook soveel Euro’s onttrek as wat hulle kan. Die bewerings is laat Donderdag deur die Bankia-bank en die Spaanse minister van ekonomiese sake ontken, maar die Financial Times van Londen wat sy feite selde verkeerd kry, het berig dat dit wel die geval

Lees verder: Spaanse bank volg Griekse voorbeeld

ANC minag belastingbetaler met e-tol

“Die regering toon sy minagting vir die belastingbetalers van Suid-Afrika deur te besluit om teen die e-tolhofuitspraak te appelleer. Nog voordat die regering die uitspraak bestudeer het en gevind het dat daar grondige redes bestaan waarop hulle die uitspraak kan appelleer, het die regering aangekondig dat hy hom nie gaan berus by die bevinding van

Lees verder: ANC minag belastingbetaler met e-tol

‘Dis ‘n rassistiese komplot’

Richard Mdluli slaap “baie lekker” in die nag, want hy weet hy is onskuldig aan die klagtes van moord en bedrog teen hom, hy het aan die Mail & Guardian in ‘n eksklusiewe onderhoud op ‘n gasteplaas buite Kaapstad gesê. Hy sê die aantygings teen hom is ‘n “rassisties”-gedrewe komplot. Mdluli sê wit polisiemanne van

Lees verder: ‘Dis ‘n rassistiese komplot’

Bende ‘polisiebeamptes’ terroriseer mense

‘n Bende wat hulself as polisiebeamptes voordoen teiken die Oos-Rand en Johannesburg se noordelike voorstede, het die polisie in Gauteng Woensdag gesê. “Die bende is in besit van hoë kaliber wapens,” het maj. genl. Pumza Gela, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, gesê. Die areas wat geteiken word is Benoni, Germiston, die N17, Beyers Naudé-rylaan en die N14

Lees verder: Bende ‘polisiebeamptes’ terroriseer mense

Zille moet bedank sê Nehawu

Nehawu het ‘n oproep gedoen dat Helen Zille moet bedank as premier van die Wes-Kaap en leier van die Demokratiese Alliansie. “Sy is nie geskik om die amp te beklee nie,” het die woordvoerder vir die National Education Health and Allied Workers Union, Sizwe Pamla, Woensdag in ‘n verklaring gesê. “Sy moet verantwoordelikheid neem vir

Lees verder: Zille moet bedank sê Nehawu

Vavi: DA wou werkers teen mekaar opsteek

Die optog wat deur die DA gereël is teen Cosatu, was ‘n poging om werkers teen mekaar op te steek terwyl dit eintlik ‘n klassestryd was, het hy in Johannesburg gesê tydens ‘n internasionale vergadering van vakbonde wat deur Cosatu aangebied is. Die konflik tydens ‘n optog in Johannesburg was ‘n polities belangrike geleentheid, het

Lees verder: Vavi: DA wou werkers teen mekaar opsteek

Drie alternatiewe sportnutsvoertuie

{jathumbnail off} Met die plaaslike motormark wat so mededingend geraak het, is daar werklik hordes nuwe voertuie om vanuit te kies. Die gewildste gedeelte van die mark is sekerlik die sportnutsvoertuigsegment. Dit is nou die segment waarin voertuie soos die Audi Q5, BMW X3, Toyota Fortuner of Land Rover Discovery meeding. Ons het drie sportnutsvoertuie

Lees verder: Drie alternatiewe sportnutsvoertuie

Meer beroepslui wil SA vaarwel roep

Meer Suid-Afrikaners as ooit voorheen oorweeg dit om die land te verlaat, het Sake24 berig. Volgens die Grant Thornton International Business Report het 20% van uitvoerendedirekteure van genoteerde en private ondernemings in die eerste kwartaal dit ernstig oorweeg om Suid-Afrika vaarwel te roep. Nog ‘n peiling van ‘n versekeringsgroep het dieselfde tendens bevestig. Die redes

Lees verder: Meer beroepslui wil SA vaarwel roep