Wie sal tog die regses regsien?
aktueel, aktief, afrikaans! | issn 2409-1804 | sedert 2000
Nairobi loop deesdae onder ’n ongekende vlaag geweld deur. In die laaste tyd is ’n bejaarde Amerikaanse sendeling en haar dogter met outomatiese masjiengewere afgemaai. In nog ’n insident het onbekendes onverwags op motoriste begin vuur en ’n vigs-wetenskaplike, asook nog twee persone (waarvan een op krukke), is dood. Die stad staan al lankal as
Die heel eerste plaas in Suid-Afrika is amptelik op 26 Januarie vanjaar onteien. Die nuus is gister bekendgemaak. Die plaas is in die Noord-Kaap en het aan die Evangeliese Lutherse Kerk behoort. Die kerk het R35.5 miljoen vir die eiendom ontvang, nadat hulle die markwaarde daarvan dubbel so hoog geskat het. Die regering wou egter
Hierdie was nie ‘n saak tussen ouers nie, maar tussen die minister van onderwys en ‘n Afrikaanse skool. Boonop het die onderwysdepartement besluit om Ermelo te dwing om Engelstalige leerlinge te aanvaar terwyl ‘n kloosterskool op die dorp leegstaan wat maklik vir ‘n Engelse hoërskool gebruik sou kon word.
PRAAG spreek sy solidariteit met die kinders, onderwysers en ouers van Hoërskool Ermelo uit. U stryd is ons s’n. Al is die magte hoe groot wat teen die Afrikaanse taal, kultuur en ons voortbestaan in die land gemonster is, ons sal nie gaan lê nie. Die stryd vir Afrikaans en vir ons voortbestaan as volk met ‘n eie identiteit, kultuur, letterkunde, geskiedenis en tradisies het nou maar eers begin.

Lees verder: Ermelo: Voorspelbare uitspraak deur drie anti-Afrikaanse regters
Lansana Conté, president van Guinee, het Maandagaand ’n noodtoestand in sy land afgekondig. Meer as ’n honderd mense is al sedert die begin van Januarie dood in gevegte tussen betogers en soldate. Conté is tans 72 jaar oud en vir die afgelope 23 jaar reeds aan bewind ná ’n militêre staatsgreep in 1984. Hy het
Volgens prof. Danie Goosen, sameroeper van ’n Forum van Afrikaanse organisasies, is ’n “deurbraak gemaak” op die pad na ’n verteenwoordigende Afrikanerraad tydens ’n vergadering op 7 Februarie. Oor die afgelope aantal jare is ’n verskeidenheid inisiatiewe vir ’n Afrikanerraad geloods, maar elkeen het tot dusver versand weens verdeeldheid en die onwilligheid van organisasies en individue om met mekaar saam te werk.
Organisasies wat op 7 Februarie hul steun aan die gedagte van ’n Afrikanerraad toegesê het, is onder andere (met die naam van die verteenwoordiger in hakies): AB (Stoffel van der Merwe), Afrial (Anton Knoetze), AfriForum (Kallie Kriel), Dames Aktueel (Rina Auckamp), Dames Kring (Chrissie Naudé), FAK (Danie Goosen, Roland Henwood), Kommissie vir Gemeenskapsregte (Chris Landman), Orania-beweging (Frans de Klerk, Carel Boshoff iv), Rapportryers (Rudi Schultze), SAOU (nog onseker) en die Voortrekkers (Piet Strauss).
Instansies wat volgens Goosen nog binne die konteks van die Forum uitstaande is, is die Erfenisstigting (Gert Opperman), VRA (KoosMalan) en die JJD.
Naas die FAK se huidige inisiatief is Praag reeds vier jaar lank besig met gesprekke en aanvoorwerk om ’n Afrikanerraad tot stand te bring. Ná aanvanklike byeenkomste in die Ou Raadsaal op Kerkplein vanaf 31 Mei 2003, is ’n Konfederale Afrikanerforum gestig waaruit ’n Tussentydse Afrikanerraad ontstaan het. Praag en die Afrikaner-alliansie het ook in Desember 2005 ’n samewerkingsooreenkoms onderteken om ’n Afrikanerraad tot stand te bring.

Kaviaar asseblief! Die sogenaamde Beweging van 21 Februarie het met ’n fondsinsamelingsveldtog vir die jaarlikse viering van president Robert Mugabe se verjaarsdag begin. Die geleentheid sal op 24 Februarie in Gweru plaasvind. Sowat 300 miljoen dollar word benodig om die partytjie te reël. Amper 87 miljoen dollar is reeds tydens die bekendstellingsfunksie van die fondsinsameling
Simon Bhebe, hoof van die Tshwane-metropolisie, is van poging tot moord aangekla nadat hy betrokke was in ’n geveg met ’n ander man. Die insident het vroeg Sondagoggend in die Mazukwana-kroeg in Atteridgeville plaasgevind. Bhebe en ’n vriend het skynbaar met ’n groep mans begin argumenteer. Skote is deur albei partye afgevuur. Bhebe en nog
Sowel die ANC-president Thabo Mbeki as ’n konsultant vir die departement van behuising het bevestig dat gedwonge integrasie van woonbuurte wat tans op grond van ras en klas "geskei" is, binnekort sal plaasvind.
In ’n onderhoud gisteraand met die SAUK-TV in antwoord op ’n vraag of Suid-Afrika al “een nasie” gevorm het, gesê nee, maar dat optrede binnekort sal volg om swart en wit deurmekaar te laat woon en meer swartes op bestuursvlak in die ekonomie aan te stel.
In ’n voorlegging aan die Vereniging van Eiendomseienaars (Veesa), het mnr. Dan Smit, ’n konsultant vir die departement van behuising, einde verlede maand die regeringsbeleid uitgespel waarvolgens laekostebehuising voortaan deel sal vorm van elke nuwe eiendomsontwikkeling. Ontwikkelaars gaan gedwing word om ten minste 30 persent van elke ontwikkeling aan laekostebehuising van tot so min as R50 000 per wooneenheid af te staan.
Volgens Smit is “die doel van die nuwe beleid nie net om ontwikkelaars te dwing om meer laekoste-huise te bou nie, maar ook om die rasse- en klasseverskille in Suid-Afrika verder af te breek.” Hierdie nuwe sosialistiese gees was ook teenwoordig in Mbeki se jongste staatsrede waarin groot klem gelê is op die uitbreiding van die welvaartstaat deur die instelling van omvattende maatskaplike versekering. Groter klem gaan voortaan op die gelykstelling van rasse en klasse gelê word.

Lees verder: Staat en hoofregter s? Ho?rskool Ermelo die stryd aan