Mugabe se partytjie

Image

Kaviaar asseblief!

Die sogenaamde Beweging van 21 Februarie het met ’n fondsinsamelingsveldtog vir die jaarlikse viering van president Robert Mugabe se verjaarsdag begin. Die geleentheid sal op 24 Februarie in Gweru plaasvind.

Sowat 300 miljoen dollar word benodig om die partytjie te reël. Amper 87 miljoen dollar is reeds tydens die bekendstellingsfunksie van die fondsinsameling ingesamel.

Volgens Emmanuel Fundira, voorsitter van die komitee, sal al tien provinsies geteiken word. Die tema van hierdie jaar se partytjie is “Bemagtiging, voorspoed en vrede.” 

Verlede week het Gideon Gono, goewerneur van die Zimbabwiese reserwebank, inflasie onwettig verklaar. In Januarie vanjaar is inflasie in die land op 1 281% geraam. Daar word gereken dat agt uit elke tien Zimbabwiese burgers nou in armoede leef.

 

beyond polus купитьФильчаков прокурор харьков