Vryheidsdag sonder vryheid

ʼn Johannesburgse Engelstalige koerantgroep het oor die lang naweek ʼn meningsopname oor Vryheidsdag op hul webwerf geloop. Die vraag was: Het jy vry gevoel op Vryheidsdag?

Meer as die helfte (58%) het “nee” geantwoord, terwyl 31% se reaksie was: “wie gee om?” Slegs 11% van respondente het “ja” geantwoord.

Lees verder: Vryheidsdag sonder vryheid

Pjongjang verwelkom Olimpiese fakkel

Noord-Koreane het gister die Olimpiese fakkel met ope arms verwelkom en feestelike optogte gehou om hul lojaliteit aan China te betoon. Mense het in die strate van die hoofstad Pjongjang gedans op die maat van militêre musiek en almal het plastiekblomme rondgewaai.

Lees verder: Pjongjang verwelkom Olimpiese fakkel