Metodistebiskop vra dat Limpopogrens afgeskaf word

Die Metodistebiskop wat buitelanders in sy kerk in die Johannesburgse middestad huisves, Paul Verryn, het gister geëis dat die grens tussen Suid-Afrika en Zimabwe geheel en al afgeskaf word.

Lees verder: Metodistebiskop vra dat Limpopogrens afgeskaf word

Premier van Kwazulu-Natal blameer blanke verdrukkers vir geweld

Die premier van Kwazulu-Natal, S'bu Ndebele, het gister in 'n kwalik bedekte verwysing na blankes gesê dat die onderdrukkers van swartmense vir die etniese geweld teen buitelanders verantwoordelik is.

Lees verder: Premier van Kwazulu-Natal blameer blanke verdrukkers vir geweld

Regering ambivalent oor deportasies

Die ANC-regering is tans ambivalent oor deportasies van onwettige immigrante. Die departement van binnelandse sake het laat weet dat daar geen nasionale moratorium op deportasies bestaan nie en dat onwettiges wat deur die polisie in hegtenis geneem word, steeds gedeporteer sal word.

Lees verder: Regering ambivalent oor deportasies

Verenigde Nasies kritiseer moorde op Zim-opposisielede

Die Verenigde Nasies het gister in Genève die onlangse moorde op opposisielede in Zimbabwe gekritiseer. Volgens Louise Arbour, die VN se Hoë Kommissaris vir Menseregte, bestaan daar 'n toenemende patroon van mense wat vir politieke sluipmoorde geteiken word.

Lees verder: Verenigde Nasies kritiseer moorde op Zim-opposisielede

VF+ verwerp verproletarisering van Pretoriavoorstede

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat nóg 'n nuwe plan deur die Tshwane-metroraad om massalaekostebehuising op prima-eiendom in

Image

Conrad Beyers

die stad op te rig, tot mislukking gedoem is vanweë eenvoudige ekonomiese beginsels.

Lees verder: VF+ verwerp verproletarisering van Pretoriavoorstede